Ekominuut 13:30
BULLETIN 11 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Geel vlak 4-waarskuwing uitgereik vir skadelike wind oor die grootse gedeelte van die Wes-Kaap vir vanaand tot Vrydag. ‘n Sterk suidoostewind word tussen Saldanhabaai en Plettentbergbaai verwag. Die woordvoerder van Kaapstad se Ramp-risikobestuur, Sonica Lategan, sê die moontlike uitwerking is onder meer ontwortelde bome, skade aan dakke en ‘n groter gevaar van weghol-veldbrande:
# Die DA verwelkom die styging van 47-persent in herwinning in die Wes-Kaap sedert 2019. Afvalherwinning het van meer as 500-duisend-ton in 2019 tot meer as 800-duisend-ton in 2023 toegeneem. Munisipale kompos het ook skerp gestyg met 61-persent, wat groentetuine en gemeenskapsprojekte ondersteun. Dave Bryant van die DA sê die vordering verminder die storting van afval in vullisterreine en gee die groen-ekonomie ‘n hupstoot. Hy vra voortgesette beleggings in herwinnings-infrastruktuur:
# En ten slotte: ‘n Nege-en-vyftigjarige man is aangekeer vir beweerde growwe nalatige manslag in verband met Maandag se botsing tussen ʼn vragskip en olietenkskip in die Noordsee. Die Solong-vragskip onder die Portugese vlag het langs die Britse kus teen die Amerikaans-geregistreerde Stena Immaculate gebots wat brandstof namens die Amerikaanse Weermag vervoer het. Een bemanningslid is dood en 36 gered. Die Humberside-polisie in Brittanje sê ʼn strafregtelike ondersoek is aan die gang.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….