Nuus 07:00
BULLETIN 11 Maart 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Fikile Mbalula sê die ANC ondersteun Enoch Godongwana
# AfriForum striem die NGV-konsepregulasies
# En Oekraïne is nou die wêreld se grootste wapeninvoerder
# Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party ondersteun die minister van Finansies, Enoch Godongwana, ten volle terwyl hy voorberei om Woensdag die begrotingsrede te lewer. Dit is verlede maand teruggestuur vir hersiening nadat partye in die regering van nasionale eenheid ‘n voorgestelde BTW-verhoging van twee-persent verwerp het. Mbalula sê hy is optimisties dat die minister die begroting in die Parlement sal voorlê:
# AfriForum het die pasgepubliseerde konsepregulasies vir die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering afgeskiet as onduidelik en swak geskryf. AfriForum se veldtogbestuurder, Louis Boshoff, voer aan dat die regulasies nie duidelikheid gee oor hoe die stelsel sal werk nie, en het kommer uitgespreek oor die regering se bekwaamheid om die program te bestuur. Hy sê die regulasies is vaag en teenstrydig, wat oproepe versterk dat die wet eerder geskrap moet word:
# Die regsfirma Webber Wentzel is aangestel om senior amptenare van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika se toekenning van twee kontakte van 18-miljard-rand te ondersoek. Die kontrakte om treinsinjaal-toerusting in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap te installeer, is toegeken aan maatskappye wat nie aan vereistes voldoen nie. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê Webber Wentzel se opdrag sluit in ʼn ondersoek na vermeende verkrygingsonreëlmatighede, bedrieglike betalings, nienakoming van tenderwaarborge, en die toekenning van onwettige kontrakte en niebetaling aan subkontrakteurs.
# Die saak teen ses mans wat aangekla word van die moord op 18 mense in Lusikisiki in die Oos-Kaap is oorgeplaas na die Hooggeregshof in Mthatha. Die saak hou verband met ‘n dodelike aanval in die dorp Ngobozana en die moord op die politikus Mncedi Gijana in KwaBhaca verlede jaar. Luxolo Tyali van die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig die beskuldigdes staan tereg op onder meer 18 aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg:
# Oekraïne is nou die wêreld se grootste wapeninvoerder, verantwoordelik vir 8,8-persent van invoere tussen 2020 en 2024. Dit is volgens data van die Sweedse organisasie, die Stockholm International Peace Research Institute. Amerika, die wêreld se grootste wapenuitvoerder, het byna die helfte van die wapens verskaf wat aan Oekraïne gelewer is, gevolg deur Duitsland en Pole. Rusland het tot derde ná Frankryk gedaal op die instituut se lys van wapenuitvoerders, verantwoordelik vir 7,8-persent van wêreldwye uitvoere. China en Duitsland is vierde en vyfde op die lys.
# Rugby: Wallis het ʼn dubbele terugslag beleef nadat sy vleuels, Josh Adams en Tom Rogers, nie Saterdag beskikbaar is vir die Sesnasies-eindstryd teen Engeland in Cardiff nie. Adams sukkel met ʼn dyspier-besering, terwyl Rogers sy duim gebreek het in die nederlaag van 35-29 teen Skotland en geopereer moet word. Wallis het sy vorige 16 internasionale wedstryde verloor en het ʼn geringe kans om die Sesnasies te wen. Hy kom boonop te staan teen ʼn Engelse span wat hulle afgelope drie wedstryde gewen het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-33-sent teen die dollar, 19-rand-84-sent teen die euro en 23-rand-59-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-549-dollar-44-sent. Die prys van goud is twee-duisend-888-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-19-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….