Nuus 11:00
BULLETIN 10 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê Athol Fugard se lewe het ‘n onuitwisbare voetspoor gelaat
# Adjunkminister Godlimpi wil ‘n breër begrotingsgesprek hê
# En Amerika word dopgehou vir ’n daling in burgerlike vryheid
# President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse dramaturg, akteur en regisseur Athol Fugard was ‘n buitengewone storieverteller en die morele gewete van ‘n geslag. Die 92-jarige is die naweek by sy huis in Stellenbosch dood. Sy bekendste werke sluit in Blood Knot, Sizwe Banzi is Dead, Tsotsi en The Road to Mecca. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die Fugard-teater in Kaapstad is ‘n gepaste huldeblyk vir ‘n man wie se lewe en werke ‘n onuitwisbare spoor gelaat het:
# Die adjunk-minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Zuko Godlimpi, sê ‘n breër debat oor die ekonomie is nodig, wat verder strek as die nasionale begroting. Die kabinet sal na verwagting vandag die bygewerkte begroting finaal goedkeur, wat die weg sal baan vir lewering Woensdag in die Parlement. Godlimpi, die nuwe voorsitter van die ANC se komitee oor ekonomiese transformasie, sê in ‘n rubriek in Business Day die doel daarvan moet wees om groei aan te moedig vir werkskepping. Hy sê dié groei moet Suid-Afrika se ekonomiese profiel groter verskeidenheid gee deur staatsbesteding aan kritieke infrastruktuur.
# Die Gautengse wetgewer se Gemeenskapsveiligheidskomitee vra strenger regulasies oor gewapende privaat sekerheid na die skietery by die Solo-restaurant in Sandton. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku, maan oor toenemende gevare en beklemtoon die behoefte aan voortgesette pogings om openbare veiligheid te verbeter. Masuku het ook bevestig dat die komitee die afname van 6,5-persent in misdaad vir Oktober tot Desember verwelkom:
# Amerika is op vanjaar se Civicus Monitor-waglys saam met die Demokratiese Republiek die Kongo, Italië, Pakistan en Serwië. Die lys hou verwikkelings in burgerlike vryheid dop in 198. Die internasionale organisasie sonder winsbejag sê die besluit is weens president Donald Trump se administrasie se aanval op demokratiese norme en globale samewerking. Die organisasie se mede-hoofsekretaris, Mandeep Tiwana, beskryf Trump se optrede sedert hy aan bewind gekom het as ʼn aanval op die oppergesag van die reg.
# Sokker: Arsenal het weer punte verloor na hul gelykopstryd van een elk teen Manchester United. Mikel Arteta se span het nou 15 punte minder as die Premierliga-voorloper, Liverpool. United se kaptein, Bruno Fernandes, se vryskop is uitgekanselleer deur Declan Rice se doel in die 74ste minuut. Liverpool het in hul laaste nege wedstryde ʼn maksimum 16 punte nodig om die titel te wen. Arteta, wat in sy 200ste Premierliga-wedstryd in beheer was as hoofafrigter van Arsenal, sê hulle het nie hul kanse gebruik nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-29-sent teen die dollar, 19-rand-83-sent teen die euro en 23-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-642-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-914-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-7-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….