Nuus 13:00
BULLETIN 9 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom skort beurtkrag op na elektrisiteitsherwinning
# Die voormalige adjunkpresident Mlambo-Ngcuka vra wêreld-eenheid te midde van Amerikaanse onsekerheid
# En rugby: Die Bok-vroue bly op koers ondanks ‘n pak slae deur Kenia
# Eskom het beurtkrag opgeskort nadat meer as drie-duisend-megawatt opwekkingskapasiteit herstel is en noodreserwes die afgelope 44-uur aangevul is. Die woordvoerder Daphne Mokoena sê die Kusile-kragstasie se steenkool-operasies werk optimaal, met alle eenhede wat van lyn af was, nou terug in diens. Vordering met Koeberg eenheid 2 se herwinning vorder goed. Sy bevestig dat vier-duisend-91-megawatt môre heringestel sal word:
# Die voormalige adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka doen ‘n beroep op meer samewerking tussen Suid-Afrika en ander lande om ‘n beter wêreld te bou. Mlambo-Ngcuka het op ‘n geleentheid van die Thabo Mbeki-stigting die belangrikheid beklemtoon van eenheid, veral met Amerika wat al hoe meer onvoorspelbaar word. Sy onderstreep die behoefte aan samewerking tussen lande met die aanspreek van globale kwessies en die skep van ‘n bestendige toekoms:
By dieselfde geleentheid het die ouditeur-generaal Tsakani Maluleke gevra vir hernude pogings om volle geslagsgelykheid te bereik. Sy beklemtoon die behoefte om regs-, maatskaplike en ekonomiese versperrings vir vroue se bemagtiging af te breek. Sy moedig alle sektore aan om pogings te versnel om geslagsgelykheid ‘n werklikheid te maak, met die Beijing-verklaring wat sy 30ste herdenking vier. Sy sê staatsektore moet opsetlik optree:
# Voorste Europese lande steun ‘n Arabiese plan vir die heropbou van Gaza teen 968-miljard-rand, wat die hervestiging van Palestyne sal vermy. Dit is verwerp deur Israel en die Amerikaanse president Donald Trump. Frankryk, Duitsland, Italië en Brittanje verwelkom dit en vra Gaza moet oor ‘n tydperk van vyf jaar herbou word en tydelik bestuur word deur onafhanklike kenners met die ontplooiing van vredeshandhawers. Die Arabies-gesteunde plan is ‘n alternatief vir Trump se idee dat Amerika die gebied moet oorneem en die bevolking hervestig.
# En rugby: Die Springbok-vrouesewes-afrigter Renfred Dazel vertrou hulle sal steeds vir 2025 kwalifiseer ondanks ‘n 17-0 loesing deur Kenia in die eindstryd van die Wêreldrugbysewes-uitdaging in Kaapstad. Dazel sê Suid-Afrika is nou tweede op die punteleer voor volgende maand se finale Uitdagingtoernooi in Pole. Die groep sien uit na die uitspeelwedstryde in Mei in Los Angeles:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….