Nuus 11:00
BULLETIN 9 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom skort beurtkrag op
# Die DA eis deursigtigheid oor Eskom se geheime prysooreenkomste
# En rugby: Frankryk verpletter Ierland se Sesnasiesdroom
# Eskom het aangekondig dat beurtkrag sedert 10-uur vanoggend opgeskort is. Dit volg na die herstel van meer as drieduisend-megawatt se opwekkingskapasiteit en die aanvulling van voldoende noodreserwes die afgelope 44 uur. Meer besonderhede volg in ons volgende bulletin.
Intussen is die DA bekommerd oor Eskom se gebrek aan deursigtigheid oor onderhandelde prysooreenkomste met nywerheidsgebruikers. ‘n Verslag toon terwyl 82,7-persent kliënte die volle prys betaal, dra hulle 91,5-persent van die inkomste by, terwyl groot gebruikers voordeel trek uit laer tariewe. Die DA eis dat Eskom besonderhede bekendmaak oor onderhandelde prysooreenkomste, inkomste en tariefverhogings. Hy betoog versteekte ooreenkomste plaas ‘n onregverdige las op gewone Suid-Afrikaners te midde van stygende tariewe en beurtkrag.
# Die ANC Vroueliga moedig samewerking aan teen geslagsgeweld en armoede. Syfers toon tien vroue word daagliks in Suid-Afrika vermoor, met ses wat doodgemaak word deur iemand wat hulle ken, wat klem plaas op die dringendheid van die krisis. Die president van die liga en minister van Maatskaplike Ontwikkeling Sisisi Tolashe het in Khayelitsha in Kaapstad gepraat en ‘n beroep gedoen op vroue in die party om standpunt in te neem:
# Die organisasie Power Shift Africa sê die een-miljard-rand uit die 28-miljard-rand van Amerika se befondsing het nie Suid-Afrika se Billike Energieoorgang gehelp nie. Die groep se energie-veldtogvoerder Karabo Mokgonyana het aan eNCA gesê die VSA se beëindiging van die 28-miljard-rand in klimaatveranderingbefondsing, wat bedoel was om die land se verskuiwing van steenkool na hernubare energie moontlik te maak, sal egter ‘n aansienlike uitwerking op die oorgang hê:
# Die owerhede in Australië sê die liggaam van ‘n man is in vloedwaters gevind nadat sy motor in die noorde van Nieu-Suid-Wallis weggespoel het. Dertien militêre werkers is ook in ‘n voertuigongeluk beseer terwyl ‘n tropiese storm die land se ooskus getref het. Sikloon Alfred, wat gister afgradeer is na ‘n tropiese laagdrukstelsel, het Queensland naby sy hoofstad Brisbane getref. Byna ‘n duisend skole is gesluit, openbare vervoer is opgeskort en lughawens gesluit. Vlugte sal na verwagting op die vroegste vandag hervat word.
# En rugby: ‘n Verwoestende vertoning deur Frankryk het uitgeloop op ‘n 42-27-oorwinning oor Ierland, wat die gashere se droom verpletter het van ‘n Sesnasies Grand Slam. Die Franse was met rustyd 8-13 agter maar het teruggeveg vir ‘n oorwinning, wat hulle die gunstelinge maak om die Sesnasies in te palm. In die naweek se ander Sesnasieskragmeting het Skotland hulle veldtog weer op koers gekry met ‘n 35-29-tuissege oor Wallis. Frankryk is nou met twee punte bo aan die punteleer met hulle laaste wedstryd volgende Saterdag tuis teen Skotland.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….