Nuus 08:00
BULLETIN 7 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika hersien die uitwerking van die VSA se onttrekking aan die Billike Energieoorgang-vennootskap
# Die VF Plus sê dit is nie nodig om kant te kies in internasionale betrekkinge nie
# En daar is op ses-miljoen-rand se kokaïen is by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê Suid-Afrika en ander internasionale vennote sal die gevolge van Amerika se onttrekking aan die Billike Energie-oordragvennootskap evalueer. President Donald Trump het ‘n uitvoerende bevel onderteken wat lidmaatskap van die groep internasionale vennote vir billike energieoordrag, wat Suid-Afrika, Indonesië en Viëtnam insluit, asook verwante finansiële beloftes opsê. Die ooreenkoms help die lande om met steenkool weg te doen. Die departement sê Suid-Afrika bly verbind tot die instelling van internasionale ooreenkomste, insluitend dié wat by die Parys-konferensie oor klimaatsverandering geneem is.
# Die Vryheidsfront plus sê die regering moet in die beste belang van gewone landsburgers optree wat sy verhouding en handelsbande met Amerika betref. Parlementslede het Donderdag die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling se staking van fondse aan Pepfar-befondste MIV/Vigs-programme aan verskeie lande gedebatteer. Die VF Plus-leier, Corné Mulder, sê Suid-Afrika sou vanjaar sowat 7,9-miljard-rand se skenkings van Amerika ontvang vir die stryd teen vigs, maar dit is nou van die baan:
# Polisiebeamptes en doeane-amptenare het die week by OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng op ʼn besending dwelmmiddels beslag gelê. Dit het ʼn beraamde straatwaarde van ses-miljoen-rand. Die polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê meer as 20 dwelmhandelaars is die afgelope ses maande by die lughawe vasgetrek:
# Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka, en 2021 se Amerikaanse Ope-kampioen Emma Raducanu, is uitgeskakel by die Indian Wells Meesters in Amerika. Osaka van Japan het teen Camila Osorio van Colombië verloor terwyl die Japannees, Moyuka Uchijima, Raducanu verslaan het. In die mansafdeling is die 38-jarige Fransman, Gael Monfils, deur na die tweede ronde nadat hy die Duitser, Jan-Lennard Struff geklop het. Die Brasiliaanse tiener, Joao Fonseca, en Japannese veteraan Kei Nishikori, het ook oorwinnings behaal.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-13-sent teen die dollar, 19-rand-59-sent teen die euro en 23-rand-37-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-386-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-805-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 69-dollar-39-sent.
# En die Departement van Toerisme het minister Patricia de Lille gelukgewens nadat sy aangewys is as Toerismeminister van die Jaar – in Bestuur – Infrastruktuurontwikkeling. Sy is vereer deur die Vereniging van Stille Oseaangebied-reisskrywers in Berlyn. Die woordvoerder van die departement, Zara Nicholson, sê toerisme is een van Suid-Afrika se mees dinamiese bedrywe, dra 8,8-persent by tot die land se bruto binnelandse produk en het net in 2024 1,68-miljoen werksgeleenthede ondersteun:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….