Nuus 06:00
BULLETIN 7 Maart 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Motsoaledi sê Suid-Afrika sal sterk staan ongeag Trump se optrede
# Die Kaapstadse burgemeester nooi president Ramaphosa om die G20-beraad na die Moederstad te verskuif
# En Hamas sê Trump se dreigemente verstrengel die skietstilstandooreenkoms
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê Suid-Afrika sal volhard met sy stryd teen MIV/Vigs, ondanks Amerika se besluit om die president se noodplan vir die befondsing van Vigs-hulp, bekend as Pepfar, op te skort. Motsoaledi het dít gesê in ‘n debat oor dié besluit. Hy sê 150 nie-regeringsorganisasies maak op die Pepfar-geld staat, maar Suid-Afrika sal daarsonder klaarkom:
# ActionSA het die Openbare Beskermer se vordering met die ondersoek na die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane se vermeende 575-duisend-rand lening van die VBS-gekoppelde Gundo Wealth Solutions geloof. Athol Trollip van ActionSA sê die party veroordeel die Desember-skommeling, wat Simelane van Justisie na Menslike Nedersettings geskuif het in ‘n poging om haar te beskerm. Hy vra vir verantwoordbaarheid wanneer die party wetgewing vir Zero-Toleransie van Korrupsie aanvra, waarin vonnisse van ‘n minimum van 15-jaar vir korrupsie bepleit word.
# Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis het president Cyril Ramaphosa genooi om die November G20-beraad na die Moederstad te skuif. Dit volg nadat Ramaphosa Johannesburg se toestand tydens G20-vergaderings gekritiseer het, en sy teleurstelling met die omgewing uitgespreek het. Hill-Lewis het die president verseker dat Kaapstad gereed is om die beraad aan te bied:
# Die EFF in Gauteng het die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit veroordeel omdat hulle meer as 636-miljoen-rand in onbestede Munisipale Infrastruktuur-toelaes aan die Nasionale Tesourie teruggestuur het. Die party blameer die ANC-geleide regering van wanbestuur, korrupsie en onbekwaamheid omdat hulle nie die fondse gebruik het wat bedoel was vir paaie, water en sanitasie nie. Nkululeko Dunga van die EFF’s sê inwoners ly onder verkrummelde infrastruktuur, watertekorte en rioollekkasies. Hy dring aan op beter dienslewering:
# Hamas sê president Donald Trump se dreigemente en verwerping van ‘n skietstilstand verstrengel die situasie. Trump het ‘n laaste waarskuwing aan die militante groep uitgereik om die gyselaars wat in Gaza aangehou word, vry te laat. Hamas sê die beste uitweg om die oorblywende gyselaars te bevry is vir Israel om aan die tweede fase van skietstilstandonderhandelinge deel te neem en verplig te word om die ooreenkoms te eerbiedig. Nege-en-vyftig gyselaars word steeds aangehou, hoewel Israel glo dat slegs 22 nog lewe.
# Rugby: Die Ierse kaptein, Caelan Doris, het van ‘n besering herstel en sal die span môre op die veld lei in die Sesnasies-toets tussen die twee boonste spanne op die punteleer. Die vleuel Mack Hansen is beseer, terwyl Jamie Osborne van regtervleuel na heelagter skuif. Die haker, Rob Herring, is in sy eerste toets vanjaar op die plaasvervangersbank. Die tussentydse hoofafrigter, Simon Easterby, sê die span het dié week hard geoefen vir die verwagte rillertoets teen Frankryk.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-13-sent teen die dollar, 19-rand-56-sent teen die euro en 23-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 90-duisend-490-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-911-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-44-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….