Nuus 12:00
BULLETIN 4 Maart 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Solidariteit sê bewerings van hoogverraad is ongegrond en belaglik
# Die Vereniging van Staatsamptenare eis die onmiddellike sluiting van die Staatsdrukkery-gebou in Pretoria
# En Dolly Parton se man sterf na ‘n huwelik van byna 59-jaar
# Solidariteit sê die Valke se hoogverraadondersoek is niks meer as ‘n goedkoop politieke foefie nie. Die Valke het gister onthul dat vier sake van hoogverraad aanhangig gemaak is, volgens berigte teen AfriForum en Solidariteit. Dis oor die vermeende verspreiding van misleidende inligting in Amerika oor Suid-Afrika se beleid, insluitend die Onteieningswet. Solidariteit se uitvoerende hoof, Dirk Hermann, sê dis ʼn laagtepunt vir demokrasie:
# Disabled People South Africa sê die land se G20-presidentskap moet nog tasbare stappe doen om seker te maak persone met gestremdhede het billike toegang tot inligting, deelname of die vermoë om die G20-agenda te beïnvloed. Volgens Statistiek Suid-Afrika het sowat 7,5-persent landsburgers ʼn gestremdheid. Die organisasie se nasionale voorsitter, Patrick Mahlakoane, sê gestremdes se sakeondernemings moet baat by die ekonomiese geleenthede wat die G20 skep.
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is geskok oor die gevaarlike en vervalle toestand van die Staatsdrukkery-gebou in Bosmanstraat in Pretoria. Die vakbond verteenwoordig die meeste werknemers van die Staatsdrukkery. Woordvoerder Claude Naiker sê werknemers word blootgestel aan ondraaglike en onveilige werkstoestande wat hul gesondheid en veiligheid in gevaar stel. Hy voeg by die gebou het omvattende struktuurfoute en moet gesluit word:
# Rugby: Skotland se hoofafrigter, Gregor Townsend, het Matt Currie, Nathan McBeth en Ben Muncaster in sy groep ingesluit vir die naweek se Sesnasieswedstryd teen Wallis op Murrayfield. Currie en Muncaster, van Edinburgh, en die stut McBeth van Glasgow word beloon vir goeie vertonings vir hulle klubs die afgelope naweek. Dit volg nadat Luke Crosbie en Jack Mann moes onttrek weens beserings. Skotland is tans vierde op die punteleer na die verdedigende kampioen, Ierland, en Frankryk en Engeland, na slegs een oorwinning in sy vorige drie wedstryde.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-61-sent teen die dollar, 19-rand-53-sent teen die euro en 23-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-393-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-908-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-54-sent per vat.
# En ten slotte: Die ikoniese country-musiekster Dolly Parton se man, Carl Dean, is op 82-jarige ouderdom dood in Nashville, Tennessee. Die twee het buite ʼn wassery ontmoet op die dag toe die 18-jarige Parton Nashville toe getrek het. Hulle is twee jaar later, in 1966, tydens ʼn intieme seremonie in Ringhold, Georgia, getroud. Dean, ʼn sakeman wat sy eie asfalt-plaveisel-onderneming besit het, is selde saam met die sangeres in die openbaar gesien. Parton sê woorde kan nie die liefde beskryf wat hulle oor 60 jaar gedeel het nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….