Nuus 11:00
BULLETIN 2 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n ANC-studiegroep vra die Onderwysminister om skole se dringende behoeftes te prioritiseer
# ‘n Aktiviste-groep sê AfriForum en Solidariteit krap ou wonde oop
# En gholf: Die Suid-Afrikaner Dylan Naidoo is die gesamentlike voorloper by die SA Ope
# Die ANC-studiegroep oor Basiese Onderwys doen ‘n beroep op minister Siviwe Gwarube om die dringende behoeftes van skole voorop ter stel, veral in gebiede sonder voldoende bronne. Dit volg na die omstrede skenking van draagbare lessenaars aan behoeftige skole. Die party veroordeel die lessenaars wat die MacDonalds-handelsmerk dra. Tshepo Louw van die ANC sê dit is noodsaaklik om borge en vennote se bydraes tot volhoubare oplossings in die mees kwesbare gebiede te rig:
# Die groep Activists and Citizens Forum sê AfriForum en Solidariteit is besig met ‘n gevaarlike en afbrekende speletjie. Die woordvoerder Dennis Bloem sê die organisasies krap ou wonde oop wat deur hulle apartheid-leiers toegedien is. AfriForum en Solidariteit se leuens in Amerika oor Suid-Afrika moet deur alle patriotiese Suid-Afrikaners veroordeel word. Bloem sê die slagoffers van apartheid probeer baie hard om nie wraaksugtig teenoor die plegers te wees nie:
# ActionSA in Johannesburg veroordeel die voortsetting van ‘n tradisie in die stad wat diegene beskerm wat skuldig bevind is aan finansiële wanbestuur. Mpumi Edward van ActionSA sê ‘n onlangse onthulling het bevestig dat ‘n stadsdirekteur meer as 62,5-miljoen-rand bestee het op die aankoop van 20 motors, terwyl net 12 van die voertuie ontvang is. Sy sê ses jaar later kan die stad nie rekenskap gee van die agt oorblywende motors nie, en nogtans swerf die boekhoubeamptes wat betrek word by die aankoop nog in die stad se gange rond:
# Gholf: Dylan Naidoo van Suid-Afrika deel ‘n eenhouvoorsprong by die SA Ope met Laurie Canter van Engeland na die derde ronde by die Durbanse Buiteklub. Die 28-jarige Naidoo was gister op baansyfer op die laaste putjie vir ‘n ronde van 71 en loop gesamentlike voor met Canter op 14 onder baansyfer. Naidoo and Canter pak vandag die laaste ronde een hou voor nog ‘n Engelsman, Marco Penge, terwyl die voormalige SA Ope-kampioen Branden Grace, Darren Fichardt en die amateur Christiaan Maas tans gesamentlik vierde is op 12 onder baansyfer.
# En, die GOOD-party sê hy maak steeds voorspraak vir die beskerming van die regte van LGBTQIA+ burgers soos vervat in Suid-Afrika se Grondwet. Dit kom nadat Kaapstad gister sy jaarlikse Pride-fees en Mardi Gras in Groenpunt gevier het. Keagen Gertse van GOOD sê die party staan vir gelykheid en menseregte. Hy sê GOOD se toewyding aan GBTQIA+ regte stem ooreen met sy kernwaardes van regverdigheid, geregtigheid en waardigheid:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….