Nuus 09:00
BULLETIN 2 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Spazawinkelvereniging vra praktiese, gebalanseerde oplossings vir die formalisering van die sektor
# Rutte van Navo moedig Zelensky aan om sy verhouding met Trump te herstel
# En rugby: Die Stormers se oorwinning oor die Bulle versterk hulle kanse vir die VRK-uitspeelwedstryde
# Die Suid-Afrikaanse Spazawinkelvereniging sê hy bly toegewy aan samewerking met die regering om die veiligheid en formalisering van die sektor in die land te verseker. Die president van die vereniging Kgothatso Ramautswa sê spazawinkels is ‘n belangrike deel van die ekonomie, veral in townships en die landelike gebiede. Hy vra die regering om duidelike, eenvormige riglyne te verskaf aan alle munisipaliteite, wat landwyd gestandardiseerde en verstaanbare vereistes sal verseker:
Die vereniging voeg by die registrasieproses vir die winkels het heelwat uitdagings ingehou. Talle formele ondernemings het gesukkel met ingewikkelde registrasievereistes en burokratiese vertragings, wat hulle verhinder het om te voldoen van die spertyd van 28 Februarie. Ramautswa sê beperkte toegang tot formele finansiële stelsels het dit moeilik gemaak vir kleinsake-eienaars om uit te brei en te voldoen aan die nuwe regulasies:
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap veroordeel die Stad Kaapstad vir die roekelose lening van buitelandse geld wat gekoppel is met die onbestendige rand. Suzette Little van die GOOD-party sê Kaapstad het 2,8-miljard-rand van die Duitse ontwikkelingsbank, KfW, geleen om groot elektrisiteitsnetwerkopgraderings te finansier. Sy sê daar is geen waarborg van die waarde van die rand oor die 15-jaartermyn van die lening nie:
# Die hoof van Navo, Mark Rutte, het die president van Oekraïne Volodymyr Zelenski aangeraai om ‘n manier te vind om sy verhouding met die Amerikaanse president Donald Trump te herstel na hulle botsing Vrydag in ‘n Withuis-vergadering. Die konfrontasie het opgevlam oor verskillende sienings oor hoe om Rusland se drie-jaar inval te beëindig. Rutte sê hulle almal moet respekteer wat Trump gedoen het en het Zelensky herinner dat Trump die een was wat in 2019 Javelin anti-tenk wapens aan Oekraïne gegee het wat die land in staat gestel het om terug te veg.
# En rugby: Die Stormers het gisteraand hulle droom lewendig gehou om die Verenigde Rugby Kampioenskap se uitspeelronde te haal met ‘n 19-16-oorwinning oor die Bulle op ‘n deurweekte Loftus. Beide spanne het gesukkel in die nat toestande met net een verdoelde drie elk, terwl die res van die punte gekom het van strafskoppe. Die rustydtelling was 12-9 ten gunste van die besoekers. Die Leeus het die Haaie vroeër op Ellispark kafgedra met ‘n oortuigende 38-14 sege. Die gashere het ses drieë gedruk, met twee verdoelde drieë deur die span van Durban.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….