Nuus 08:00
BULLETIN 2 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COPE verwerp die verdelende agenda van AfriForum en die Solidariteitsbeweging
# Eskom bereik 16,69-miljard-rand in jaar-tot-jaar dieselbesparings
# En krieket: Die Proteas is deur na die Kampioenetrofee-halfeindstryd met ‘n oortuigende oorwinning oor Engeland
# COPE sê as bekommerde burgers en voorspraakmakers vir ‘n verenigde, vooruitstrewende Suid-Afrika staan hulle saam om die verdelende en regressiewe optrede van AfriForum en die Solidarititeitsbeweging te verwerp. Pake Dikgetsi van COPE sê die organisasies verteenwoordig ‘n klein minderheid van Suid-Afrikaners wat aanhoudend poog om die grondwetlike voorskrif van die transformasie van die samelewing van die onderdrukkende nalatenskap van apartheid na ‘n nie-rassige, nie-seksistiese en demokrasie te ondermyn:
# Eskom sê sy jaar-tot-datum dieselbesparing het 16,69-miljard-rand bereik, wat 55,7-persent minder is as die 29,98-miljard-rand van dieselfde tydperk verlede jaar. Daphne Mokwena van Eskom sê altesaam drie-duisend-610-megawatt sal Maandag voor die aand-piektyd weer ingevoer word om die netwerk te stabiliseer. Sy sê die gemiddelde onbeplande onderbrekings verlede week het toegeneem tot 14-duisend-en-50-megawatt, wat ‘n effense verbetering toon van 194-megawatt in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar:
# Die Stad Tshwane sê daar word gewerk aan die ontwikkeling van die metro se ekonomiese herlewingstrategie, wat fokus op groei en vernuwing. Die stad het dié week ‘n vooraanstaande afvaardiging ontvang van Shijiazhuang in China en maniere bespreek vir samewerking op die terrein van ekonomiese ontwikkeling, handel en belegging. Die burgemeesterslid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning Sarah Mabotsa sê Tshwane is op koers vir die ontwikkeling van ‘n hoëgroei-ekonomie wat aanloklik is vir beide plaaslike en buitelandse beleggers:
# Na die Amerikaanse president Donald Trump en sy ampsgenoot Volodymyr Zelensky se hitsige botsing Vrydag in die Withuis het die president van Oekraïne gister die Britse eerste minister Keir Starmer ontmoet. Volgens berigte sal hy ook vandag met koning Charles vergader. Trump het Vrydag regstreeks op televisie gedreig om sy steun vir Oekraïne te onttrek. Brittanje is ‘n sterk ondersteuner van Oekraïne en koning Charles het sy steun vir Zelensky uitgespreek, met wat hy noem die “vasberadenheid en krag” van die mense van die land in die lig van ‘n onuitgelokte aanval deur Rusland.
# En krieket: Suid-Afrika het maklik deurgedring na die halfeindstryd van die Kampioenetrofee-toernooi na ‘n oortuigende oorwinning van sewe paaltjies gister oor England in hulle laaste groep B-wedstryd in Karachi. Die Proteas het die wenteiken van 180 gehaal met nog 20 beurte oor en in die 30ste boulbeurt 181 lopies gehaal. Suid-Afrika het die wedstryd oorheers met Rassie van der Dussen se onoorwonne 72 van 87 balle af en Heinrich Klaasen se 64 van 56 balle wat hulle deurgedra het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….