Nuus 09:00
Bulletin Inhoud
BULLETIN 1 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom sê die voortgesette hoë vlakke van beplande instandhouding sal voortduur
# Rusland benoem ‘n nuwe Amerikaanse ambassadeur as ‘n verdere teken van ‘n verligting van die spanning
# En krieket: Australië is deur na die Kampioenetrofee-halfeindstryd nadat reën spel in Lahore fnuik
# Eskom sê beurtkrag is steeds opgeskort, gesteun deur ‘n bestendige kragstelsel en noodreserwes. Die woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsmaatskappy hou ook by met die aanvul van noodreserwes ter voorbereiding vir die volgende sakeweek. Sy sê egter die opwekkingskapasiteit in die stelsel bly beperk terwyl Eskom steeds volhou met hoë vlakke van onderhoud, wat in Februarie gemiddeld meer as sewe-duisend-megawatt bereik het:
# ActionSA in KwaZulu-Natal sê hy is diep teleurgestel in die provinsiale rede wat gelewer is deur die premier Thamsanqa Ntuli, wat nie die harde werklikhede reflekteer het waarmee die mense van die provinsie te doen het nie. Sanelisiwe Zuma van ActioSA sê Ntuli het ‘n ooroptimistiese prentjie geskilder wat niks te doen het met die daaglikse stryd van inwoners nie. Sy sê een van die flagrante uitlatings in sy toespraak is die voortslepende krisis in die onderwyssektor:
# Die No Regulations For Healers Without Healers se nasionale veldtog het aangekondig dat die Tussentydse Raad vir Tradisionele Gesondheidspraktisyns van Suid-Afrika nie met registrasies kan voortgaan nie. Dit volg nadat die sosio-ekonomiese impakbepalingstelsel nie nagekom is nie. Die veldtog se organiseerders sê die Departement van Gesondheid hersien tans die regulasies. Die veldtog het verklaar geen registrasies kan verwerk word totdat die Presidensie die stelsel goedgekeur het nie. Hulle doen ‘n beroep vir die raad se ontbinding en vra genesers om nie geïntimideer te word nie.
# Rusland het die beroepsdiplomaat, Alexander Darchiev, as nuwe ambassadeur in Amerika aangewys. Die pos was sedert verlede jaar vakant en sy aanstelling is ‘n bewys die spanning is minder. Die Amerikaanse president, Donald Trump, probeer sedert die begin van sy termyn om gespanne betrekkinge met Moskou te herstel, nadat president Vladimir Putin uitgereik en hoëvlak-samesprekings vir die eerste keer kon plaasvind sedert Rusland se 2022-offensief in Oekraïne. Putin het sy voormalige gesant na Washington, Anatoly Antonov, verlede Oktober teruggeroep, maar het weens die oorlog in Oekraïne nie ‘n plaasvervanger benoem nie.
# En krieket: Australië is maklik deur na die Kampioenetrofee-halfeindstryd nadat hulle laaste Groep B-wedstryd teen Afghanistan gisteraand in die Gaddafi-stadion in Lahore laat vaar is. Met ‘n wenteiken van 274, het Australië 109 vir een op die telbord gehad in die 13de beurt toe swaar reën spel in die wiele gery het. Die kolfblad was bedek, maar die buiteveld het deurnat gelyk, wat die amptenare spel laat beëindig het. Suid-Afrika, wat drie punte het en vandag te staan kom teen Engeland, wat reeds uitgeskakel is, lyk of hulle by Australië in die halfeindstryd sal aansluit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….