Nuus 08:00
BULLETIN 1 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Mchunu daag AfriForum uit om hulle bewyse van misdaadstatistieke voor te lê
# Die parlementêre portefeuljekomitee vir Kommunikasie sê die Suid-Afrikaanse Poskantoor het meer geld nodig
# En rugby: Die Stormers kies ses voorspelers op die bank vir sy wedstryd teen die Bulle in Pretoria
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het AfriForum gevra om bewyse vir hul misdaadstatistiek voor te lê nadat die organisasie die Suid-Afrikaanse Polisiediens se jongste misdaadstatistiek uitgedaag het. Afriforum betwis die plaasmoordsyfers en beweer daar is vyf boere vermoor. Die minister het gewaarsku teen aannames oor plaasmoorde wat uitsluitlik teen wit boere gepleeg word en beklemtoon die noodsaaklikheid van akkuraatheid.
# Die voorsitter van die Parlementere portefeuljekomitee vir Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Khusela Diko, sê die 150-miljoen-rand wat aan die Suid-Afrikaanse Poskantoor toegeken is, is onvoldoende om finansiële en bedryfsuitdagings aan te spreek. Die Poskantoor is sedert Julie 2023 in sakeredding. Die entiteit benodig ‘n reddingsboei van 3,8-miljard-rand om likwidasie te vermy. Diko erken dat dit ‘n krisis bly met ‘n onvolhoubare situasie vir werkers:
# ActionSA kondig Maandag drie baanbreker-wetgewende hervormings aan wat daarop gemik is om bestuur in Suid-Afrika te verander. Woordvoerder, Matthew George, sê dié hervormings is die belangrikste bestuurswysigings sedert 1994, wat korrupsie as ‘n topprioriteit teiken. George sê hierdie inisiatiewe sal betekenisvolle verandering aandryf en bestuur hervorm. Hy beklemtoon die aankondiging is die eerste in ‘n reeks waagmoedige stappe om welvaart in die land te verbeter:
# Rugby: Die Bulle en die Stormers pak mekaar vandag in die Verenigde Rugbykampioenskap in Pretoria. Leolin Zas is weer gesond en speel linkervleuel vir die Stormers, terwyl Stefan Ungerer op skrumskakel begin. Die haker Joseph Dweba en stut Neethling Fouché is in die opdrafspan, en die ervare Brok Harris en Frans Malherbe is twee van ses voorspelers op die bank. Die Bulle het net een verandering aangebring aan hulle groep wat die Leeus verlede naweek op Loftus verslaan het.
# En die Dis-Chem-stigting en die Mia le Roux-beweging gaan drie jong lewens omkeer deur kogleêre inplantings te verskaf. Twee kleuters en ‘n baba uit ‘n minderbevoorregte agtergrond sal die eerste begunstigdes wees met operasies wat in Maart begin. Die inisiatief word gelei deur die heersende Mej Suid-Afrika, Mia le Roux, wat haar eie inplanting as kind ontvang het en sal oor ‘n tydperk van drie maande gedoen word. Dit val saam met Wêreldgehoordag wat Maandag herdenk word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….