Nuus 06:00
BULLETIN 27 Februarie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Godongwana sê wêreldwye minimum belasting is belangrik
# Die Inkomstedienskommissaris sê belastingverhogings het gevolge
# En Hamas kanselleer ‘n seremonie om die liggame van Israelse gyselaars te oorhandig
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê baie moet nog gedoen word om te verseker dat alle lande internasionale belastinghervormings instel. Hy het gister [Woensdag] by die G20-vergadering van ministers van Finansies en Sentrale Bankbestuurders in Kaapstad gepraat. Godongwana sê die instelling van wêreldwye minimum belasting is ‘n belangrike stap om ‘n regverdiger en meer volhoubare belastingstelsel te bereik wat alle lande sal bevoordeel:
Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter sê intussen die verhoging van belastinginkomste moet begin met die versterking van invorderingsvermoë, en nie belastingverhoging nie. Hy het gister [Woensdag] ‘n paneelbespreking van G20-vergaderings oor makro-ekonomiese kwessies in Kaapstad toegespreek. Godongwana kon nie die nasionale begroting indien nie, omdat die regering van nasionale eenheid nie saamgestem het oor ‘n twee-persent verhoging in BTW nie. Kieswetter sê belastingverhogings het gevolge:
# President Cyril Ramaphosa sal vandag die hoofrede lewer by die opening van die 2025 Basiese Onderwyssektor Lekgotla. Die byeenkoms van drie dae by die Birchwood Hotel in Benoni word aangebied onder die tema, Strengthening Foundations for Learning for a Resilient Future Fit Education System. Die departement sê die tema stem ooreen met die Afrika-Unie se 2024 Jaar van Onderwys en Suid-Afrika se G20-agenda. Dit fokus op vroeë kinderontwikkeling, geletterdheid en onderwyserondersteuning.
# Die ANC sê die herskommeling van die leierskap in Gauteng is nie ‘n straf vir die stemme wat verlede jaar afgestaan is nie, maar ‘n strategiese stap om die party voor volgende jaar se plaaslike verkiesings te versterk. Die stap moet eenheid verbeter, strukture herbou en bestuur in die provinsie verbeter. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het tydens ‘n inligtingsessie met die media gesê die party bly verbind tot dissipline en sal werk om openbare vertroue voor die verkiesing te herstel:
# ‘n Senior Hamas-beampte sê die Palestynse beweging sal nie vandag ‘n openbare seremonie hou om die liggame van vier Israeliese gyselaars te oorhandig nie nie. Na die oorhandiging Saterdag van ses oorlewende gyselaars het Israel die vrylating van honderde Palestynse gevangenes opgeskort en gesê hulle sal slegs vrylaat word indien Hamas die “vernederende seremonies” beëindig. Sedert die eerste fase van die wapenstilstand verlede maand, het Hamas 25 lewendige gyselaars by openbare seremonies in verskeie dele van Gaza vrygelaat wat gelei het tot wye kritiek ook deur die Verenigde Nasies.
# Krieket: Gewese spelers en kommentators glo Indië het ‘n besliste voordeel omdat hy toegelaat word om al sy Kampioenetrofee-wedstryde in Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate te speel. Dit gebeur terwyl die ander sewe deelnemers moet reis tussen drie stede in die gasheerland, Pakistan, sowel as die VAE. Indië weier om in Pakistan te speel weens die jarelange politieke spanning tussen die buurlande. Die gewese Engelse speler en kommentator Jonathan Agnew sê dit maak ‘n klug van toernooie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-37-sent teen die dollar, 19-rand-28-sent teen die euro en 23-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-930-dollar-60-sent. Die prys van goud is twee-duisend-917-dollar-53-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….