Nuus 08:00
BULLETIN 26 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die president van die Reserwebank waarsku teen ‘n moontlike BTW-verhoging
# Die Departement van Kommunikasie verwelkom die befondsing vir die Poskantoor
# En Brittanje skort finansiële hulp aan Rwanda op
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, waarsku dat wêreldwye handelspanning en ‘n moontlike BTW-verhoging kan twee jaar se verlangsaamde inflasie ontspoor. Die nasionale begrotingsrede is verlede week uitgestel nadat die regering van nasionale eenheid op die nippertjie verskil het oor die moontlikheid dat BTW met twee-persent verhoog word. Kganyago het by ʼn G20-vergadering van finansiële amptenare in Kaapstad aan CNBC Africa gesê Suid-Afrika se agenda vanjaar fokus daarop om oorgrensbetalings te verbeter:
# Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het Nasionale Tesourie se goedkeuring van 150-miljoen-rand om die Suid-Afrikaanse Poskantoor te help, verwelkom. Die fondse sal die Poskantoor se onmiddellike finansiële druk verlig. Dis ʼn klein gedeelte van die 3,8-miljard-rand reddingsboei wat die regering die instelling beloof het. Die departement se woordvoerder, Tlangelani Manganyi, sê werk gaan voort om die sakereddingsproses af te handel en duidelikheid en bestendigheid te verskaf oor die Poskantoor se toekoms:
# Die Stad Tshwane sê hy neem kennis van bewerings deur die voormalige burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jacqui Uys, oor beweerde botsing van belange waarby onderburgemeester Eugene Modise betrokke is. Uys sê ʼn maatskappy, Triotic Protection Services wat Modise gestig het, is ʼn diensverskaffer wat baat by die metro se sekerheidstender van 300-miljoen-rand per jaar. Tshwane-burgemeester se woordvoerder, Zintle Mahlati, sê die betrokke kontrak is in die 2016/2017-boekjaar onder ʼn vorige administrasie toegeken, lank voordat Modise die amp aanvaar het:
# Brittanje het finansiële hulp aan Rwanda opgeskort oor sy vermeende ondersteuning aan die M23-rebelle wat beheer geneem het oor twee belangrike stede in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo. Die groep het die afgelope weke die stede, Goma en Bukavu, beset. Die Britse kantoor vir die Buiteland, Statebond en Ontwikkeling sê hulle hersien uitvoerlisensies vir die Rwandese Weermag en opleiding vir sy soldate is opgeskort. Brittanje waarsku ook hy mag dalk met bondgenote saamwerk oor moontlike nuwe sanksies.
# Tennis: Topgekeurde Daniil Medvedev het ʼn welverdiende oorwinning behaal teen Jan-Lennard Struff en deurgedring na die tweede ronde van die Dubai-kampioenskap. Die 29-jarige Rus het die Duitser geklop. Die Italianer Matteo Berrettini het sy terugkeer na Dubai gevier met ʼn sege oor Gael Monfils van Frankryk. Marin Cilic van Kroasië het met die tweede gekeurde Australiër Alex de Minaur afgereken. Die Franse kwalifiseerder, Quentin Halys, het die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal toe hy die 2022-kampioen, Andrey Rublev van Rusland getroef het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-252-dollar-XX-sent. Die prys van goud is twee-duisend-919-dollar-49-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….