Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Februarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum meld 10 plaasmoorde aan tussen Oktober en Desember en verwerp minister Mchunu se misdaadsyfers
# Rusland is gereed vir samesprekings oor Oekraïne, maar gevegte sal eers gestaak word wanneer die ooreenkoms hom pas
# En tennis: Venus Williams aanvaar nie haar promotorskeuse vir Indian Wells nie
# AfriForum het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se jongste misdaadverslag verwerp en sê dat minstens tien plaasmoorde tussen Oktober en Desember verlede jaar gepleeg is, wat nie een genoem is nie. Woordvoerder Jacques Broodryk sê hierdie voorvalle, wat plaaseienaars, werkers en sekerheidspersoneel insluit, beklemtoon landelike veiligheidsbekommernisse. Hy beskuldig Mchunu daarvan dat hy die kwessie onderspeel, en waarsku om plaasaanvalle te ignoreer ondermyn die publiek se vertroue in wetstoepassing en moedig misdadigers aan:
# Die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, sê dié week se aanbieding van die B20 deur Suid-Afrika bied ‘n noodsaaklike geleentheid om met die globale verhoog te skakel en die land se belange te bevorder. Die B20 betrek sakeleiers van reg oor die wêreld om beleidsaanbevelings vir die G20 te ontwikkel. Mavuso beklemtoon die belangrikheid van binnelandse groei en versoek die regering om op strukturele hervormings te fokus, terwyl fiskale dissipline gehandhaaf word vir langtermyn ekonomiese sukses.
# Die DA in Limpopo sê meer as ‘n miljard-rand is bestee aan die digitale oorskakeling van mediese lêers sonder enige duidelike einde in sig. Die party het die provinsiale Departement van Gesondheid gekritiseer oor die stadige vordering van die Veritas Digital-kontrak wat lêers by slegs 64 van 523 instellings geskandeer het. Lindy Wilson van die DA vra ‘n hersiening, en versoek dat fondse heraangewend word om dringende gesondheidsorguitdagings in die provinsie aan te pak:
# Rusland sê hy is gereed vir samesprekings oor die drie-jaar-lange oorlog in Oekraïne, maar sal eers ophou veg wanneer hy tevrede is met die skikking. Moskou sê ook hy het probeer om die konflik met Amerika op te los, maar Europa wil hê die oorlog moet voortduur. Die minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov, het op die derde herdenking van die inval samesprekings in Turkye gevoer, te midde van onsekerheid oor Amerikaanse steun vir die oorloggeteisterde land terwyl Kiëf ook op die voorste linie grondgebied aan Moskou afgestaan het.
# Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Venus Williams, speel nie volgende maand in die Indian Wells-toernooi in Amerika nie. Die 44-jarige Amerikaner is verlede week as promotorskeuse genooi nadat sy die grootste gedeelte van verlede jaar weens ‘n besering misgeloop het. Sy is nou nommer 947 op die wêreldranglys. Williams het die toernooi 15-jaar lank geboikot nadat haar suster, Serena, in 2001 uitgejou is tydens haar oorwinning oor Kim Clijsters van België in die eindstryd. Dit het gebeur nadat Venus onttrek het aan die halfeindstryd tussen die twee susters.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-31-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 23-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-572-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-949-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….