Nuus 09:00
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika is gereed om die G20-vergaderings oor makro-ekonomiese kwessies aan te bied
# Die ouditeur-generaal versoek die speaker van die Nasionale Vergadering om op onbevoegde munisipaliteite toe te slaan
# En Duitsland se sentrumregse Christen-Demokratiese Unie bly aan bewind
# Die Nasionale Tesourie en die Reserwebank bied van vandag af tot Donderdag die G20-vergaderings oor makro-ekonomiese kwessies in Kaapstad aan. Dit betrek ministers van Finansies, reserwebankpresidente en hulle adjunkte. Die vergaderings fokus op die bou van globale ekonomiese bestendigheid, die verbetering van internasionale finansiële samewerking en die aanspreek van dwingende globale uitdagings. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê strategiese makro-ekonomiese kwessies gaan bespreek word:
# Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het aan die Nasionale Vergadering se speaker, Thoko Didiza, geskryf en dring aan dat sy haar statutêre magte gebruik om toe te slaan op munisipaliteite wat nie hul jaarlikse finansiële state betyds indien nie. Die getal uitstaande oudits is sedert 31 Januarie tot nege verminder, maar die Mafube-munisipaliteit in die Vrystaat se jaarlikse finansiële state is steeds uitstaande. Maluleke sê munisipaliteite kan na die Staande Komitee vir Openbare Rekeninge verwys word om vas te stel wat die vertragings veroorsaak.
# Build One South Africa in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi sal probeer om ‘n prentjie voor te hou van vordering en sukses wanneer hy vandag sy provinsiale rede lewer. Ayanda Allie van die party sê Lesufi se 2024-toespraak was vol groot beloftes, maar baie daarvan bly onvervul, wat ‘n regering blootlê wat misluk met die lewering van sy beloftes. Sy sê die premier sal nie praat oor die mislukkings in onderwys, die elektrisiteitskrisis en die rampspoedige instel van die Wet op Township Ekonomiese Ontwikkeling nie:
# Uitgangspeilings toon dat Duitsland se sentrumregse Christen-Demokratiese Unie die meeste stemme in die algemene verkiesing gewen het met Friedrich Merz wat waarskynlik die volgende kanselier sal wees. Die party het in Sondag se verkiesing 28,8-persent van die stemme gekry. Dis nie ‘n meerderheid nie, wat beteken ʼn koalisieregering sal gevorm word. Die verregse Alternatief vir Duitsland is tweede met ʼn rekord 20,2-persent van die stemme, en kanselier Olaf Scholz se sentrumlinkse Sosiaal-Demokratiese Party is derde. Duitsland het Europa se grootste ekonomie en grootste bevolking.
# Sokker: Liverpool het ʼn voorsprong van elf punte boaan die Premier-liga se ranglys nadat hy Manchester City op die Etihad-stadion met twee-nul verslaan het. Mohamed Salah het die Reds se eerste punte aangeteken met sy 30ste doel van die seisoen voordat Dominik Szoboszlai die tweede ingeskop het om al drie punte te verseker. Liverpool se bestuurder, Arne Slot, sê in elke ander liga sou ʼn voorsprong soos hierdie baie gemaklik wees, maar nie in die Premierliga nie:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-32-sent teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-294-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-942-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 73-dollar-89-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….