Nuus 08:00
BULLETIN 24 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party is nie verbaas oor die herinstelling van beurtkrag nie
# Pous Franciscus is steeds in ‘n bedenklike toestand
# En rugby: Argentinië dra weer die Vancouver-sewes-kroon
# Die MK-party sê hy is nie verbaas dat beurtkrag terug is nie omdat dit volgens hom weer dui op die onbevoegdheid en mislukking van die regering van nasionale eenheid. Eskom het beurtkrag tot verdere kennisgewing van fase ses tot fase vier afgeskaal. ‘n MK-woordvoerder, Nomahlubi Radebe, sê beurtkrag is ʼn vervaardigde krisis wat geskep is om die kragverskaffer te verswak en te vernietig:
Op sy beurt sê die vakverbond Saftu die terugkeer van beurtkrag is die regstreekse gevolg van die regering se wanbestuur van Eskom, en sy volgehoue onderskrywing van ‘n rampspoedige neoliberale beleid. Saftu se woordvoerder Newton Masuku sê hulle herhaal hulle eis vir ‘n radikale transformasie van die energiesektor:
# ActionSA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi moet ʼn omvattende bywerking gee oor sy beloftes om in te gryp by die provinsie se toenemende krisisse. Die premier lewer vandag sy provinsiale rede. ActionSA se woordvoerder, Funzi Ngobeni, sê inwoners kan nie nog ʼn provinsiale rede vol leë beloftes en slenters bekostig nie omdat hulle ware, meetbare vordering nodig het. Hy sê Lesufi moet duidelike bywerkings gee wat ondersteun word deur data en tydlyne wat aandui of sy administrasie se ingrypings enige uitwerking gehad het:
# Die Vatikaan sê pous Franciskus is steeds in ʼn bedenklike toestand maar het nie verdere asemhalingskrisisse beleef nie. Die 88-jarige pous is ʼn week gelede in die hospitaal opgeneem nadat hy met dubbele longontsteking gediagnoseer is. Die leier van die Rooms-Katolieke kerk ontvang steeds suurstofterapie en het bloedoortappings gehad. Die Vatikaan sê pous Franciskus se bloedtoetse dui op vroeë nierversaking wat tans onder beheer is. Hy sê die pous is wakker en weet wat om hom aangaan.
# Rugby: Die verdedigende kampioene Argentinië het Suid-Afrika met 19-12 geklop in die eindstryd van die Vancouver Sewes in Kanada, vir ‘n geskiedkundige vierde agtereenvolgende keer. Twee drieë deur die speler van die wedstryd Luciano Gonzalez en een van Tobias Wade het Argentinië laat seëvier. In die mans se uitspeelstryd om die derde plek het Spanje naam gemaak het ‘n indrukwekkende 22-7-oorwinning oor Fidji. Intussen het Nieu-Seeland se vroue Fidji met 41-7 afgeransel vir hulle derde agtereenvolgende titel in Kanada. In die vrouewedstryd om die derde plek het Australië 26-12 koning gekraai oor ‘n dapper Japan.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-30-sent teen die dollar, 19-rand-25-sent teen die euro en 23-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-672-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-941-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 74-dollar-2-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….