Nuus 11:00
BULLETIN 21 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa vertrou Suid-Afrika sal sy betrekkinge met die VSA kan versterk
# Saftu doen ‘n beroep op die Tesourie om belasting- en teen-korrupsiemaatreëls te ondersoek
# En Netanyahu gee opdrag vir ‘n militêre operasie ná die ontploffing van drie busse
# President Cyril Ramaphosa glo Suid-Afrika en Amerika kan steeds saamwerk en oplossings vind vir hulle verskille. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, en die minister van die Tesourie, Scott Bessent, het albei besluit om nie die G20-vergadering van ministers van Buitelandse Sake in Johannesburg by te woon nie, maar eerder senior diplomate te stuur. Ramaphosa het op die vergadering aan die media gesê Suid-Afrika is vasberade om ‘n goeie verhouding met Amerika te hê:
# Die vakbondfederasie Saftu eis dat die regering progressiewe belastingoplegging en teenkorrupsiemaatreëls moet ondersoek, in plaas daarvan om die fiskale las te verskuif na die werkersklas. Saftu sê hy verwerp onomwonde die Nasionale Tesourie se voorstel om BTW met twee-persentasiepunt te verhoog, wat dit sal laat styg tot 17-persent. Die woordvoerder, Newton Masuku, sê ‘n BTW-verhoging kan inflasiedruk verhoog, wat huishoudelike inkomste verder sal uitkalwe:
# Die EFF in Gauteng vra ‘n strafregtelike ondersoek na die gewese LUR’e vir Gesondheid en Infrastruktuurontwikkeling, Nomathemba Mokgethi en Tasneem Motara, oor die korrupsieskandaal by die AngloGold Ashanti-hospitaal. Die Spesiale Tribunaal het die hospitaal se huur- en opknappingskontrakte van meer as 600-miljoen-rand onregmatig, ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Dumisani Baleni van die EFF sê die provinsie moet interne vermoë bou om afhanklikheid van privaat kontrakteurs te beëindig omdat hulle staatshulpbronne plunder:
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die Weermag opdrag gegee om ‘n operasie in die besette Wesoewer uit te voer nadat nadat drie leë busse ontplof het in ‘n vermeende terreuraanval in Bat Yam naby Tel Aviv. Volgens berigte was daar aan een van die toestelle wat nie ontplof het nie ‘n boodskap oor “Wraak uit Tulkarem”, wat verwys na ‘n onlangse Israelse militêre teenterrorisme-operasie in die Wesoewer. Netanyahu het ook die polisie en die Sekerheidsagentskap beveel om voorkomende optrede te verskerp teen nog aanvalle in stede.
# Rugby: Skotland se mede-kaptein, Finn Russell, is fiks vir môre se Sesnasieswedstryd teen Engeland op Twickenham na harsingskudding. Die losskakel het teen die vleuel Darcy Graham vasgehardloop, hulle het koppe gestamp en moes van die veld gaan toe Skotland in die tweede ronde 32-18 teen Ierland verloor het. Kyle Rowe speel in Graham se plek. Die gewese kaptein, Jamie Ritchie, vervang Matt Fagerson op slot en Pierre Schoeman neem in die voorry oor by Rory Sutherland. Fagerson en Sutherland is op die bank, met ‘n verdeling van 6-2.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-35-sent teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 23-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-473-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-931-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 75-dollar-88-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….