Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# John Steenhuisen verwelkom die uitstel van die begroting en vra ‘n pro-groei-plan
# Die Posbank gee Sassa se begunstigdes die skuld vir die vertraging met die uitreiking van swart kaarte
# En tennis: ‘n Man word verbied om alle vroue-beroepstoernooie by te woon na ‘n voorval met Emma Raducanu
# Die leier van die DA, John Steenhuisen, het die uitstel van 2025 se begrotingsrede verwelkom, en beskryf dit as ‘n verantwoordelike besluit ter wille van Suid-Afrikaners. Die vertraging volg op kommer binne die regering van nasionale eenheid dat die begroting nie ooreenstem met ekonomiese doelwitte nie, insluitend ‘n omstrede voorstel vir ‘n styging van twee persentasiepunte in BTW. Steenhuisen sê die bykomende tyd sal help verseker die begroting gee voorkeur aan ekonomiese groei, en aandag aan Suid-Afrikaners se finansiële uitdagings:
Die leier van die EFF, Julius Malema, het die regering egter daarvan beskuldig dat hy partypolitiek toelaat om by die begrotingsproses in te meng. Hy sê die vertraging is ongekend, en waarsku dit kan ‘n skadelike erfenis vir die Parlement beteken:
# Die vakbond Solidariteit vra die regering om vinnig op te tree aangesien Suid-Afrika se voordele ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika steeds onseker is. Die vakbond waarsku die versuim om Suid-Afrika se voortgesette deelname te verseker kan tot werkverliese en ekonomiese terugslae lei. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê die handelsooreenkoms, wat belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark bied, is deurslaggewend vir verskeie bedrywe, insluitend landbou en vervaardiging:
# Die Posbank het SASSA-begunstigdes die skuld gegee vir die vertraging met die uitreiking van swartkaarte vir Sassa-toelaes. Die bank beskuldig ontvangers dat hulle nie by die versamelpunte opdaag nie. Die Posbank moet 100-duisend kaarte per dag omruil om hulle sperdatum van volgende maand te haal. Parlementslede kritiseer die proses vir swak kommunikasie en swak toegang. Parlementslede het ook aangevoer dat dit onregverdig is om kwesbare burgers te beskuldig. Die Posbank is besig om afhaalplekke uit te brei en kleinhandelvennote te bekom om die proses te versnel.
# Tennis: ‘n Man is verbied om beroeps-vrouetoernooie by te woon na ‘n voorval met die Britse speler Emma Raducanu tydens die Dubaise Kampioenskap. Die 22-jarige Raducanu het in trane uitgebars gedurende haar wedstryd teen die Tsjeg Karolina Muchova toe sy die man op die pawiljoen gesien het. Hy het haar vroeër op ‘n onbetaamlike manier genader. Die beheerliggaam, die WTA, sê die man is by alle toernooie verbied terwyl die erns van die bedreiging bepaal word. Raducanu het in 2022 ‘n weerhoudingsbevel gekry teen ‘n man wat haar bekruip het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-54-sent teen die dollar, 19-rand-34-sent teen die euro en 23-rand-35-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-253-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-939-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….