Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Februarie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF vra die polisie om geregtigheid te verseker na die moord op Imam Muhsin Hendricks
# Die Amerikaanse ambassade in Pretoria gaan ‘n Afrikaner-versoekskrif aan Trump stuur
# En rugby: Sacha Feinberg-Mngomezulu glo die Stormers kan steeds die VRK se uitspeelronde haal
# Die EFF vra die minister van Polisie, Senzo Mchunu, om die moord op Imam Muhsin Hendricks voorop te stel sodat geregtigheid kan geskied. Twee onbekende aanvallers het die naweek in Bethelsdorp, Gqeberha, verskeie skote op die 58-jarige se voertuig afgevuur. Die EFF vra hoe lank moet minderhede en dele van gemeenskappe nog worstel met hierdie dade van roekelose haat, diskriminasie en dood voor sulke sake voorop gestel word. Die party eis die veroordeling van hierdie bose dade.
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het die Spesiale Ondersoekeenheid gelukgewens met die suksesvolle herwinning van twee-miljard-rand namens die Nasionale Finansiële Hukpskema vir Studente. Die prestasie is ‘n belangrike stap in die versekering van aanspreeklikheid en die finansiële integriteit van Suid-Afrika se hoër onderwyssektor. Makaneta vra die skema en die Departement van Hoër Onderwys om strenger finansiële beheer in te stel om onreëlmatige betalings in die toekoms te keer:
# Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het bevestig hulle gaan ‘n versoekskrif van ʼn groep Afrikaners aanstuur na die Amerikaanse president, Donald Trump. Sowat ‘n duisend mense het Saterdag buite die ambassade byeengekom en gevra vir Amerikaanse ingryping teen Suid-Afrika se Onteieningswet. Die regering hou vol daar is geen grondgrype nie en geen groep word geteiken nie maar die aktivis Willem Petzer beweer die wet raak die Afrikaner-gemeenskap:
# Oekraïnse hommeltuie het ‘n sleutelpompstasie by ‘n groot internasionale pypleiding in die suide van Rusland getref. Kiëf het gedurende die konflik van drie jaar Rusland se energie-infrastruktuur geteiken en probeer om terreine te tref wat volgens hulle brandstof aan Moskou se Leër verskaf of help om fondse te verskaf om sy aanval te ondersteun. In die jongste aanval het sewe hommeltuie met plofstof die pompstasie van die Kaspiese Pyplyn-konsortium getref wat olie van Kazakstan oor die suide van Rusland vervoer vir uitvoer via die Swartsee, insluitend na Wes-Europa.
# Rugby: Die Stormers se Springbok-losskakel, Sacha Feinberg-Mngomezulu, glo steeds hulle kan die uitspeelronde van die Verenigde Rugbykampioenskap haal. Hulle is nou tiende op die punteleer met sewe rondes oor, en binne bereik van die eerste agt wat na die volgende ronde deurdring. Feinberg-Mngomezulu hoop hy sal gou van sy besering herstel en sy span help om hul doelwit te bereik. Hy sê hulle is egter nie paniekerig nie. Die Stormers se volgende wedstryd is op 1 Maart teen die Bulle in Pretoria.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-32-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-312-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-902-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-85-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….