Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Dringende opgraderings is nodig vir Suid-Afrika se kragnetwerk
# Iran gaan handel met Suid-Afrika uitbrei
# En Gravel Burn wil Suid-Afrika vestig as die wêreld se grondpad-fietsry-mekka [KLANK]
# Die Nasionale Transmissiemaatskappy sê Suid-Afrika se netwerkinfrastruktuur is nie geskik om ekonomiese groei of nuwe hernubare energiebronne te ondersteun wat noodsaaklik is vir die billike energie-oordrag nie. Die maatskappy beplan om teen 2035 transmissielyne met 14-duisend-kilometer uit te brei, maar ondervind uitdagings ten opsigte van oprigtingsvermoë en finansiering. Bedryfsleiers pleit vir onafhanklike transmissieprojekte om beleggings te lok en opgraderings te versnel. Die maatskappy sê die privaat sektor se gereedheid onderstreep die behoefte aan versnelde netwerk-uitbreiding om ekonomiese bedrywighede aan te wakker en plaaslike nywerhede te laat herleef.
Eskom het intussen sy forensiese en ondersoekfunksies herstruktureer as deel van sy voortdurende pogings om korrupsie te bekamp en sy bestuur te versterk. Die nuwe afdeling vir groepsondersoeke en sekerheid, wat regstreeks aan die uitvoerende hoof, Dan Marokane, verslag doen, beoog om wangedrag aan te pak en interne beheermaatreëls te verbeter. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hierdie stappe en ‘n vennootskap met die Spesiale Ondersoekeenheid is deurslaggewend om oortreders aanspreeklik te hou en finansiële verliese te verhaal:
# Iran gaan handel met Suid-Afrika uitbrei en daarmee bande versterk wat reeds gelei het tot 15 gesamentlike kommissies en belangrike ooreenkomste opgelewer het. Ambassadeur Mansour Shakib Mehr het tydens die 46ste herdenking van die Iranse Revolusie in Pretoria verwys na planne vir ‘n politieke komitee om voorbereidings te tref vir die 16de gesamentlike kommissie in Teheran. Hy sê dit sal wetenskap, tegnologie en sy kennis-gebaseerde ekonomie bevorder terwyl bilaterale samewerking versterk word.
# ‘n Federale regter het tydelik die verbod opgehef wat president Donald Trump se administrasie ingestel het op befondsing vir Amerikaanse hulp- en ontwikkelingsprogramme. Regter Amir Ali, wat in November deur oudpresident Joe Biden aangestel is, het die administrasie verbied om buitelandse hulpfondse op te skort, te onderbreek of andersins te verhinder. Die administrasie het buitelandse hulpbefondsing bevries, duisende personeellede in die buiteland beveel om na Amerika terug te keer en begin om die aantal werknemers by USAID van 10-duisend tot ongeveer 300 te verminder.
# Fietsry: Die eerste Gravel Burn, ‘n internasionale grondpad-skofwedren, wil Suid-Afrika vestig as die grondpad-fietsry-mekka van die wêreld. Die sewedaagse wedren oor 850-kilometer sal op 26 Oktober in Knysna in die Wes-Kaap begin en op 1 November by die Shamwari-privaat wildreservaat in die Oos-Kaap eindig. Nedbank is die amptelike borg van die byeenkoms. Khensi Nobanda van die bank verwag die wedren sal die streek se ekonomie ‘n hupstoot gee:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-607-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-926-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-50-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….