Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Stad Kaapstad is besig met die bywerking van sy Bioverskeidenheids-ruimtelike Plan 2025. Die plan beskryf Kaapstad se ryk bioverskeidenheid, insluitende die BioNet-kaart en grondgebruikriglyne, wat poog om bewaring en haalbare ontwikkeling te versoen. Bewaarde grond behels sowat 22,72-persent van Kaapstad se oppervlak en die stad bly die stad met die grootste bioverskeidenheid ter wêreld. Kaapstad nooi die publiek uit om teen 13 Maart kommentaar te lewer.
# ‘n Groot studie het bevind dat plaagdoders wild ernstig skaad, omdat dit aanteling belemmer en dieregedrag verander. Navorsers het 471 verskillende plaagdoders ontleed wat op plase, in sake-ondernemings en in huise gebruik word. Meer as 800 land- en waterspesies is ontleed en daar is skade bevind, insluitend die verlaging van die koers waarteen hulle groei en hulle voortplantingsukses. Die mede-opsteller, Dave Goulson van die Universiteit van Sussex, sê dis kommerwekkend dat dit deurgaans by plante, diere, fungusse en mikrobes gesien is, en dit bedreig die integriteit van ekostelsels.
# En ten slotte: ‘n Studie waarsku dat die wêreld se veenlande nie genoeg beskerm word nie. Veenlande bedek glo net drie-persent van alle grond, maar stel baie koolstofdioksied vry as dit gedreineer word. Dit word beskou as die vierde grootste besoedelaar ter wêreld. Die eerste globale ondersoek het bevind slegs 17-persent word beskerm wat heelwat minder is as tropiese woude en wortelbome. Groot veenland-nasies soos Kanada, Rusland en Indonesië se beskermingsvlakke is selfs nog laer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….