Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa herbevestig sy verbintenis tot grondhervorming en beskerming teen gedwonge uitsettings
# Hamas sê hulle sal Israelse gyselaars vrylaat soos beplan
# En rugby: ‘n Bok-staatmaker speel Saterdag sy 150ste wedstryd vir die Stormers
# President Cyril Ramaphosa het sy verbintenis tot grondhervorming en die beskerming van Suid-Afrikaners teen gedwonge uitsettings herbevestig. Die president het in sy reaksie op die staadsrededebat gesê die Wet op Naturelle-grond van 1913 was die erfsonde en het blywende skade veroorsaak en miljoene mense in armoede gedompel. Ramaphosa sê gedwonge uitsettings, soos dié in Distrik Ses in Kaapstad, sal nooit weer gebeur nie aangesien eiendomsreg in die Grondwet beskerm word:
# AgriSA vier 30-jaar se ondersteuning aan Suid-Afrikaanse lanbou, met die klem op voedselsekerheid, die veerkragtigheid van boere, en ekonomiese groei. Die organisasie sê hy het gepoog om handels- en opkomende boere te ondersteun deur beleidsvoorspraak, vernuwing en volhoubare projekte. Hy herbevestig sy verbintenis om die landboubedryf te versterk te midde van die uitdagings van klimaatsverandering, stygende insetkoste en internasionale markverskuiwings. AgriSA se uitvoerende hoof, Johann Kotzé, vra voortgesette samewerking tussen die regering, die privaat sektor en boere om ‘n florerende landboutoekoms te verseker.
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê immigrasie-uitdagings vuur die ontvoerings in Suid-Afrika aan. Dit volg nadat ‘n Pakistanse, ‘n Zimbabwiese en ‘n Mosambiekse burger in hegtenis geneem is in verband met die ontvoering van die negejarige Emaan Fatima Ghumman in die Oos-Kaap. Sy is gister vrygelaat. Mchunu voeg by buitelandse sindikate en korrupte beamptes word dikwels by hierdie sake betrek, maar owerhede verskerp pogings om die misdade te bekamp:
# Hamas sê hulle sal Israelse gyselaars vrylaat soos beplan en die skietstilstands-ooreenkoms in Gaza instel. Hy het voorheen gedreig om die volgende vrylating uit te stel nadat hy Israel beskuldig het dat hy nie sy verpligtinge nakom om tente en skuilings toe te laat nie. Israel, gesteun deur die Amerikaanse president, Donald Trump, het daarop gedreig om sy aanvalle te hervat indien gyselaars nie vrygelaat word nie. Hamas het tot dusver 21 gyselaars vrygelaat in ruil vir honderde Palestynse gevangenes wat uit Israelse tronke vrygelaat is.
# Rugby: Die Springbok-staatmaker Frans Malherbe word hierdie naweek die mees ervare Stormers-speler wanneer die span op Ellispark in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Leeus te staan kom. Die 33-jarige stut draf die 150ste keer vir die Stormers uit nadat hy sy buiging in 2011 gemaak het. Hy is ook een van net ‘n paar spelers wat sedert skoolvlak vir dieselfde span speel. Die tweemalige Wêreldbeker-wenner het al in 70 toetse vir Suid-Afrika uitgedraf.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-51-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-903-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-915-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….