Nuus 06:00
BULLETIN 13 Februarie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Gesondheidsminister sê Nasionale Gesondheidsversekering verseker gelyke gesondheidsorg
# Black Forum SA sê AfriForum het die land se demokrasie ondermyn
# En UNESCO beklemtoon die wêreldwye uitwerking van Wêreldradiodag
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die Nasionale Gesondheidsversekering verseker gelyke toegang tot gesondheidsorg aan alle Suid-Afrikaners, ongeag hul inkomste. Hy het kritiek verwerp en aangevoer baie mense staan die stelsel teen sonder om die wet ten volle te verstaan. Motsoaledi het ook tydens die staadsrededebat kritiek deur die DA verwerp en gesê privaat gesondheidsorg kon nie daarin slaag om omvattende dekking te bied nie. Hy dring aan die NGV sal voortgaan ondanks teenkanting:
# Die EFF het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om op sy plaas Phala Phala in Limpopo te fokus in plaas daarvan om leë beloftes te maak. Omphile Maotwe van die party het tydens die staatsrededebat vir Ramaphosa gekritiseer oor sy versuim om vorige verpligtinge aan te pak, veral die stygende lewenskoste en werkloosheid wat die land aanhoudend teister. Maotwe het aangevoer dit is nodig om dringende stappe te doen, soos die onteiening van grond sonder vergoeding en om die Suid-Afrikaanse Reserwebank te nasionaliseer:
# Die Black Forum South Africa sê AfriForum moet van hoogverraad aangekla word en beskuldig die drukgroep dat hy vals inligting oor die Onteieningswet versprei. Verlede week het president Donald Trump die Suid-Afrikaanse regering beskuldig dat hulle Afrikaners mishandel en hul grond deur die Wet onteien. Die forum sê AfriForum se verdelende boodskap ondermyn die land se demokrasie. Dit sê maatskaplike geregtigheid en regstelling moet eerste kom voor ‘n reënboognasie.
# Die Gautengse Onderwysdepartement ontken bewerings van oorvol klasse by skole wat onder druk is. Woordvoerder Steve Mabona sê die kwessies het aandag gekry deur ingrypings soos mobiele klaskamers en satelliet-skole, wat vier-duisend-400 plekke vir leerders bygevoeg het. Hy het die departement se voortgesette pogings beklemtoon om infrastruktuur uit te brei en toegang tot gehalte-onderwys te verbeter:
# Krieket: Pakistan kom teen Nieu-Seeland te staan in Vrydag se Drienasies-eendag-eindstryd, nadat hy Suid-Afrika met ses paaltjies in Karatsji, Pakistan, geklop het. Heinrich Klaasen het geskitter met 87 en Temba Bavuma en Matthew Breetzke het onderskeidelik 82 en 83 aangeteken om die Proteas tot 352 vir vyf te neem. Mohammad Rizwan het geantwoord met ‘n onoorwonne 122 en Salman Agha het 134 bygedra vir ‘n vennootskap van 260 lopies om die vyfde paaltjie om die teiken te haal. Dit is Pakistan se mees suksesvolle eendagwedstryd.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-53-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-645-dollar-20-sent. Die prys van goud is twee-duisend-902-dollar-3-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-95-sent per vat.
# En ten slotte: UNESCO vier vandag Wêreldradiodag en gee erkenning aan radio se eeue lange rol as ‘n betroubare bron van wêreldwye feitelike inligting. Die VN het in 2012 Wêreldradiodag ingestel om radio en sy bydraes tot internasionale doelwitte te vier, insluitend bewusmaking van klimaatsverandering ingevolge die Parys-ooreenkoms. UNESCO sê radio bly ‘n standvastige platform wat mense wêreldwyd verbind te midde van voortdurende tegnologiese vooruitgang.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….