Nuus 08:00
BULLETIN 9 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum verwerp Trump se vlugtelingplan en onderneem om in Suid-Afrika te bly
# Zelensky en Trump praat oor Oekraïne se seldsame aardbronne
# En rugby: Die Bulle klop die Stormers met een punt na ‘n doelskop-drama
# AfriForum waardeer die Amerikaanse president Donald Trump se erkenning van ongeregtighede teen Afrikaners maar hou vol hulle toekoms bly in Suid-Afrika. Die uitvoerende hoof Kallie Kriel het die media toegespreek en die belangrikheid beklemtoon van die behoud van Afrikaner-kulturele identiteit plaaslik, en Suid-Afrikaanse regeringsbeleid gekritiseer. Die organisasie stel oplossings voor, wat insluit die beskerming van eiendomsregte, die uitroei van korrupsie en die aanmoediging van kulturele samewerking. Kriel sê hulle sal met beide regerings praat om die spanning opbouend by te lê:
Die voorsitter van Solidariteit Flip Buys sê hulle erken ook Trump se vlugtelingplan in reaksie op Suid-Afrika se beleid. Buys kritiseer president Cyril Ramaphosa se regering en vra praktiese voorstelle om onregverdighede teen Afrikaners aan te spreek en samewerking met ander gemeenskappe te bevorder. Buys beklemtoon Afrikaners is inheems en sal in Suid-Afrika bly. Hy sê hulle sal binnekort met beide regerings vergader:
Intussen is die Vereniging vir die Staal- en Ingenieursbedryf van Suider-Afrika bekommerd oor die moontlike negatiewe uitwerking van Trump se opmerkings oor Suid-Afrika, veral op die sektor. Die federasie lig die risiko uit vir uitvoere, wat insluit gespesialiseerde ingenieursprodukte, en afhanklikheid van Amerikaanse sagtewarestelsels. Seifsa moedig sakeleiers aan om beleggers gerus te stel en doen ‘n beroep op die regering om beleidsekerheid te versterk en buitelandse belegging in die land se ekonomie te beskerm.
# Volodymyr Zelensky het Amerika ‘n vennootskap aangebied oor Oekraïne se seldsame aardmetale en minerale hulpbronne. President Donald Trump het vroeër gesê hy wil hê Oekraïne moet die kritieke bronne aan die VSA verskaf in ruil vir finansiële steun in die oorlog met Rusland. Terwyl hy beklemtoon dat Kiëf nie sy hulpbronne sal “weggee” nie, het Zelensky gesê hy is oop vir ‘n wedersydse voordelige vennootskap om dit gesamentlik te ontwikkel. Die groep van 17 seldsame aardmetale is noodsaaklik in die produksie van hoëprestasie magnete, elektriese motors en verbruikerselektronika.
# En rugby: Die Bulle het ‘n dramatiese 33-32 oorwinning oor die Stormers behaal in ‘n opwindende Verenigde Rugbykampioenskap noord-suid derby in Kaapstad voor ‘n skare van 47-duisend. Die Stormers-plaasvervanger Clayton Blommetjies het in die laaste minuut met ‘n maklike doelskop misluk, wat die wedstryd vir die gashere sou gewen het. Frans Malherbe, Salmaan Moerat, Evan Roos, Warrick Gelant en Ben-Jason Dixon het drieë vir die Stormers gedruk, terwyl Cobus Wiese, Jan-Hendrik Wessels, Harold Voster en David Kriel vir die Bulle oorgeduik het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….