Nuus 13:00
BULLETIN 8 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse regering reageer op Amerika se uitvoerende bevel
# Ramaphosa woon die SAOG-Oos-Afrika-spitsberaad oor DRK-sekerheid by
# En Griekeland verklaar ‘n noodtoestand op Santorini na die aardbewings
# Die Suid-Afrikaanse regering het reageer op die jongste uitvoerende bevel wat uitgereik is deur die Amerikaanse president Donald Trump. Die woodvoerder van die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê dit veroorsaak groot kommer dat die grondliggende uitgangspunt van die bevel nie feitelik akkuraat is nie en nie Suid-Afrika se diepliggende en pynlike geskiedenis van kolonialisme en apartheid erken nie:
Vroeër het die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA gemaan dat president Donald Trump se opskorting van befondsing oor die Wet op Onteiening handelsbande onder druk kan plaas, wat AGOA-voordele insluit. Die president van die Kamer Niel Diamond noem dat Suid-Afrika in 2024 goedere ter waarde van 123-miljard-rand na Amerika uitgevoer het, wat sleutelnywerhede en werksgeleenthede steun. Hy moedig veerkragtigheid en bestendige verhoudings aan terwyl Suid-Afrika die G20 aanbied:
# President Cyril Ramaphosa het vanoggend aangekom in Dar es Salaam, Tanzanië, vir die SAOG-Oos-Afrikagemeenskap se Staatshoofdespitsberaad oor die konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo. Leiers praat oor sekerheid en humanitêre kwessies na verlede maand se buitengewone spitsberade. Die woordvoerder van die Presidensie Vincent Magwenya sê die spitsberaad fokus op skietstilstandpogings, dialoog en gekoördineerde vredesprosesse soos die Luanda-proses. Ramaphosa word vergesel deur ministers Ronald Lamola en Angie Motshekga, asook senior amptenare, om streeksamewerking te versterk vir bestendigheid in die ooste van die DRK.
# Griekse owerhede het ‘n noodtoestand op die eiland Santorini afgekondig nadat ‘n vlaag aardbewings die gewilde toeriste-bestemming geskud het. Meer as tien-duisend inwoners en werkers het dié week van die eiland gevlug terwyl feitlik ononderbroke skuddings en ondersese trillings tussen Santorini en die eilande Amorgos, Anafi en Ios aangemeld is. Die owerhede waarsku oor ‘n groot gevaar vir grondstortings en het skole gesluit, reddingswerkers ontplooi en inwoners aangeraai om hawens en binnenshuise byeenkomste te vermy. Die noodtoestand bly van krag tot 3 Maart.
# En tennis: Die Spaanse superster Carlos Alcaraz het Vrydag maklik deurgedring na die halfeindstryd van die Rotterdam Ope met ‘n 6-2, 6-1-oorwinning oor sy landgenoot Pedro Martinez. Die wêreld nommer drie, wat die eerste Spanjaard probeer word om die trofee in Rotterdam te verower, kom nou te staan teen Hubert Hurkacz van Pole. Vroeër Vrydag het Stefanos Tsitsipas die jongste slagoffer geword van die triomftog van Mattia Bellucci toe die Italiaanse kwalifiseerder die halfeindstryd gehaal het met ‘n verrassende 6-4, 6-2-oorwinning. Verlede jaar se naaswenner, die Australiër Alex de Minaur, gaan nou Bellucci probeer stuit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….