Nuus 09:00
BULLETIN 8 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Trump beveel die VSA om vlugtelinghervestiging van Suid-Afrikaners van Europese afkoms voorop te stel
# Ramaphosa beklemtoon die belangrikheid van formele diplomasie te midde van spanning met Rwanda en Amerikaanse druk
# En rugby: Die Stormers pak die Bulle sonder verskeie eerstekeuse-spelers
# President Donald Trump het regeringsamptenare opdrag gegee om prioriteit te gee aan die hervestiging van Suid-Afrikaners van Europese afkoms deur die VSA se vlugtelingprogram. Trump se raadgewer en Suid-Afrikaans-gebore miljardêr Elon Musk het vroeër gesê die land se Wet op die Onteiening van Grond laat toe vir ras-gemotiveerde beslaglegging op grond in die besit van wit Suid-Afrikaners. In sy bevel gee Trump die minister van Buitelandse Sake Marco Rubio en sy eweknie van Binnelandse Sekerheid Kristi Noem opdrag om humanitêre verligting voorop te stel, wat insluit toelating en hervestiging deur Amerika se Vlugtelingetoelatingsprogram, vir Afrikaners in Suid-Afrika wat slagoffers is van onregverdige rassediskriminasie.
Die Amerikaanse vlugtelingprogram is ontwerp om skuiling te bied vir mense wat oorsee vlug weens vervolging op grond van hulle ras, godsdiens, politieke siening of ander faktore. Vlugtelinge word tipes na Amerika verwys deur amptenare van die Verenigde Nasies. Hulle bring maande of jare deur in derde lande vir onderhoude, sowel as sekerheids- en mediese beoordelings, voordat hulle in Amerika toegelaat word. In die verlede het die meeste mense wat in die VSA toegelaat is volgens die vlugtelingprogram gekom van lande wat gebuk gaan onder oorloë, etniese botsings of die onderdrukking van minderheidsgroepe.
# President Cyril Ramaphosa het Vrydag die Presidensiële Gholfuitdaagtoernooi aangebied by die Atlantic Beach-gholfklub in Kaapstad. In reaksie op spanning met Rwanda het Ramaphosa gevra vir opbouende dialoog tydens vandag se vergadering van die SAOG-Oos-Afrikagemeenskap in Tanzanië. Die president het ook Suid-Afrika se standpunt verdedig te midde van druk deur Amerika, en die belangrikheid beklemtoon van formele diplomasie. Hy beplan om by die G20 druk uit te oefen vir Afrika-gefokusde doelwitte:
# Die Vredesafdeling van die VN fasiliteer die vervoer van die oorskot van 18 soldate wat gesneuwel het in die Demokratiese Republiek die Kongo na die Entebbe-lughawe in Uganda. Die repatriasie van 14 Suid-Afrikaners, twee Malawiërs en twee Tanzaniërs gebeur via Rwanda na Uganda. Intussen maan Elias Magosi van die SAOG oor die ontvlambare konflik voor die SAOG-Oos-Afrikagemeenskap-samesprekings in Tanzanië:
# Rugby: Die Stormers pak die Bulle sonder verskeie eerstekeuse-spelers in vandag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd in Kaapstad. Manie Libbok, Ruhan Nel, Neethling Fouché, JD Schickerling en Ali Vermaak is almal beseer. Dit is baie slegte nuus vir 2021/22 se kampioen, wat tans maar 12de op die punteleer is. ‘n Oorwinning oor hul aartsvyand kan hulle egter laat opskuif tot onder die voorste agt, en ‘n plek in die uitspeelronde. Die wedstryd begin vanmiddag 2-uur op die Kaapstad-stadion.
# En Australiese reptielhanteerders was verstom toe hulle op 102 giftige slange in ‘n komposhoop in Sydney afkom. Cory Kerewaro en sy kollega het 40 rooipens-swartslange ontdek, met vier van die slange wat geboorte aan nog kleintjies gegee het nadat hulle in ‘n verwyderingsak geplaas is. Die rooipens-swartslang is een van die algemeenste giftige spesies in Australië, maar daar is geen rekords van menslike sterftes nie. Die vyf volwasse en 97 babaslange is tans onder kwarantyn en sal in ‘n nasionale park vrygelaat word sodra die weer koeler is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….