Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 07 Februarie 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig president Cyril Ramaphosa het sy eerste staatsrede onder die regering van nasionale eenheid gebruik om omvattende maatreëls uit te stippel om die plaaslike regeringsektor te herskik. Die koerant skryf die sektor ly onder gedurige wanbesteding en korrupsie wat daartoe lei dat miljarde rand jaarliks verlore gaan aan vrugtelose, verkwistende en ongemagtigde uitgawes
# En Mail & Guardian op Vrydae:
Skryf hoewel Ramaphosa se kantoor die aanval deur president Donald Trump afmaak, sal die menslike koste van die ingrypende staking van hulpfondse katastrofies wees.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig ook omvattend oor die staatsrede. Die blad skryf die MK-party sê Ramaphosa se toespraak was ‘n mors van tyd. Die party sê daar was niks in die toespraak om arm mense te help nie.
En tweedens gee die blad ‘n oorsig oor die vernaamste modes by die parlementsopening. Daar is ‘n reeks foto’s met beskrywings van die uitrustings.
GAUTENG:
# The Star & Pretoria News:
Skryf terwyl Ramaphosa tydens sy eerste staatsrede onder die veelpartykoalisie ‘n aantal ondernemings gegee het, het baie burgers op sosiale media gevoel dat hy weer hol beloftes lewer.
# Sowetan:
Lei met: “WE WILL NOT BE BULLIED”. Die koerant berig Ramaphosa het Suid-Afrika se standpunt oor die regstelling van die wanbalanse van die verlede in die lig van dreigemente van die VSA herbevestig. Die koerant skryf die president het ook planne aangekondig om die waterkrisis op te los, die ekonomie te laat groei en vir ‘n nuwe befondsingsmodel vir munisipaliteite.
# En The Citizen:
Skryf Ramaphosa het ‘n beroep op mense gedoen om saam te werk om Suid-Afrika te herbou, maar opposisiepartye en vakbonde het nie die entoesiasme gedeel nie.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig ook oor die staatsrede en Ramaphosa se standpunt dat Suid-Afrika nie geboelie sal word nie.
En tweedens skryf die koerant kenners meen die staatsrede was te lank.
En laastens gee die koerant ook ‘n oorsig oor die modes by die parlementsopening.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig Ramaphosa het ferm standpunt ingeneem terwyl geopolitieke spanning en gewelddadige konflikte wêreldwyd aanhou eskaleer.
En tweedens skryf die koerant ‘n boerboel-kruising van ‘n gesin van Kwazakhele het die koeëls gekeer wat tydens ‘n gewapende roof op sy mense afgevuur is.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die KwaZulu-Natalse LUR vir Openbare Werke en Infrastruktuur, Martin Meyer het ‘n tweede doodsdreigement ontvang sedert hy in Junie 2024 sy amp aanvaar het.
En tweedens word berig die wapenbervaardiger Thales het in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg aansoek gedoen dat die aanklagte teen die maatskappy laat vaar word. Hy voer aan die meeste van sy getuies is reeds dood.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig president Nangolo Mbumba het die leier van die IPC, dokter Panduleni Itula se regsuitdaging van die uitslae van verlede jaar se presidensiële verkiesing afgekeur en hom daarvan beskuldig dat hy net geraas maak.
Dan skryf die koerant die verhoor van die beskuldigdes wat teregstaan weens die grumoord op ’n bejaarde egpaar staan einde se kant toe met partye wat tans hul slotbetoë in die hoërhof in Windhoek lewer.
En laastens is daar nuus oor die Nasionale Botaniese Tuin in Windhoek wat op soek is na rotse en klippe om ‘n rotstuin te bou.