Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Onlangse toetse toon wisselende E. coli vlakke in die Vaalrivier met sommige gebiede wat ‘n hoë risiko vir maagsiektes inhou. ‘n Monster wat naby Village Manor geneem is, toon ‘n telling van 72-duisend-700 per 100-millimeter, hoewel dit laer is as verlede week se 111-duisend-990. Rand Water verseker inwoners die drinkwater is steeds veilig want dit kom uit die Vaaldam en nie die rivier nie. Die vlakke van blou-groen alge wissel ook wat voortgesette kommer oor watergehalte benadruk ondanks die verbeterde watervlak van die Vaaldam op 61,3-persent.
# Skotse ministers word gevra om katte se uitwerking op die natuurlewe te ondersoek, wat kan veroorsaak dat hulle verbied kan word in streke waar bedreigde spesies voorkom. Inwoners sal dan gedwing word om hulle katte binnenshuis te hou, of hulle glad nie aan te skaf nie. Volgens ‘n verslag van die Skotse Dierewelsynskommissie is beperkingsones reeds in verskeie state in Australië ingestel waar katte in sommige plekke nooit mag kom nie, en in sommige snags beperk word. Die enigste uitsondering is vir omheinde buitelug-oefengeriewe of dat katte aan leibande moet wees.
# En ten slotte: Meer as 30 bedreigde paddatjies is in die Londense dieretuin gebore ná ‘n dramatiese reddingsending van elf-duisend-kilometer. Die Darwin-padda, vernoem na Charles Darwin, is as bedreig geklassifiseer nadat ‘n dodelike swam in hul habitat ontwikkel het. Dit was ‘n moeilike taak om die bedreigde amfibieë na die VK te vervoer en het ‘n reis na Chili en ‘n moeisame soektog na die klein wesentjies vereis, aangesien volgroeide paddas minder as drie-sentimeter lank is. Elf manlike paddas het die 33 paddatjies tot met hul geboorte gedra.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….