Nuus 15:00
BULLETIN 3 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema eis dat bilaterale betrekkinge met Rwanda gestaak word indien hy betrokke was by die dood van Suid-Afrikaanse soldate
# Tiger Brands sal die eerste listeriose-slagoffers met vooruitbetalings vergoed
# En tennis: Alcaraz beskou Sinner as die wêreld se beste speler op die oomblik
# Die leier van die EFF, Julius Malema, eis bilaterale betrekkinge met Rwanda moet gestaak word indien hulle doelbewus soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag teiken. Veertien Suid-Afrikaanse soldate het reeds in die Demokratiese Republiek die Kongo gesterf. Die party veroordeel die Weermag-ontplooiing en noem dit roekeloos en onregverdigbaar. Malema vra ook die sluiting van die Rwandese ambassade indien dié land aan die sterftes gekoppel word:
# Tiger Brands het ingestem om die eerste slagoffers van die listeriose-uitbraak te vergoed. Die maatskappy sal vooruitbetalings maak aan sekere eisers met dringende mediese behoeftes terwyl die groepsgeding voortgaan. Intussen gaan besprekings voort om verligting uit te brei na ander kwalifiserende eisers. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes het ook ingestem om rekords te voorsien om met die saak te help. Die groepsgeding bly in sy eerste fase waar aanspreeklikheid bepaal word.
# Oliepryse het vanoggend gestyg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, tariewe op Kanadese en Mexikaanse ruolie-invoere ingestel het. Energieprodukte uit Kanada sal slegs ‘n 10-persent-heffing dra, maar Mexikaanse energie-invoere sal met 25-persent belas word. Verslae dui daarop dat OPUL se ministeriële vergadering later vandag produksiebesnoeiings en marktoestande sal hersien, met vrywillige besnoeiings wat tot vroeg in 2025 sal voortduur. Kollektiewe besnoeiings sal tot die einde van 2026 van krag bly.
# Tennis: Carlos Alcaraz beskou die wêreld se nommer een-speler, Jannik Sinner van Italië, as die beste speler tans. Die Spanjaard, wat derde op die ranglys is, word saam met Sinner beskou as die Top Twee van die nuwe geslag nadat elkeen verlede jaar twee Grand Slam-titels gewen het. Alcaraz het nou vier, terwyl Sinner verlede maand in Australië sy telling tot drie opgeskuif het. Alcaraz sê Sinner bereik die eindstryd of wen elke toernooi waarin hy speel. Alcaraz is tans die topgekeurde in die Rotterdamse Ope in Nederland.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-93-sent teen die dollar, 19-rand-39-sent teen die euro en 23-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-424-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-798-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-65-sent per vat.
# En laastens: Die Gauetngse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, is bedroef oor die tragiese dood van ‘n graad 12-leerder van Krugersdorp High School tydens ‘n krieketwedstryd by Christian Brothers’ College. Die voorval het plaasgevind toe twee spelers tydens veldwerk teen mekaar vasgehardloop het. Een het sy bewussyn verloor en is dood nadat sy hart gaan staan het, ondanks onmiddellike mediese sorg. Woordvoerder Steve Mabona het sy innige meegevoel met die bedroefde familie betuig:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….