Nuus 14:00
BULLETIN 3 Februarie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vryheidsfront Plus sê die ANC moet besef Trump se waarskuwings oor Suid-Afrika is nie leë woorde nie
# Suid-Afrika is deel van die Den Haagse Groep om vir Palestyne te veg
# En krieket: Die SA20 is nou in die uitspeelrondes
# Die Vryheidsfront Plus sê president Donald Trump se sterk uitsprake oor regeringsmisbruik soos onteiening in Suid-Afrika en Amerika se onmiddellike opskorting van finansiële hulp van honderde-miljoene-rand aan die land, moet baie ernstig opgeneem word. Corné Mulder van die party sê die ANC kan by voorbaat aanvaar dat dit nie leë woorde is nie. Hy sê die party sal met so ‘n ondersoek saamwerk:
ActionSA sê intussen hulle is bekommerd oor wat hulle noem Trump sie roekelose uitlatings en dreigement oor strafmaatreëls teen Suid-Afrika vir wat hy sê is uitgebreide grondgrype en menseregteskending. ActionSA se president, Herman Mashaba, sê die mislukkings van die Suid-Afrikaanse regering kan nie ontken word nie en is deeglik gedokumenteer en veroorsaak swaarkry vir die mense van die land:
# Suid-Afrika is een van nege lande wat die Den Haagse Groep gestig het om Palestynse regte te steun. Verteenwoordigers van Suid-Afrika, Namibië, Colombië, Bolivië, Chili, Senegal, Honduras en Belize sal geregtelike, diplomatieke, en ekonomiese maatreëls teen Israel se vermeende skendings van die internasionale reg koördineer. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het die skep van die groep as ‘n keerpunt vir globale geregtigheidspogings beskryf. Die groep streef daarna om die oordrag van wapens te voorkom en deur regsoptrede deur die Internasionale Strafhof en die Internasionale Geregshof oortreders aanspreeklik te hou.
# Mense in die noordooste van Australië is gedwing om voor snelbewegende vloedwater te vlug. Storms het binne twee dae reeds meer as ‘n meter reën in dele van Queensland veroorsaak. Lugbeeldmateriaal toon landelike gemeenskappe omring deur vloedwater, met paaie wat afgesny is. Die owerhede het die twee-duisend-100 mense in die gewilde toeristebestemming Townsville aan die kus naby die Groot-Koraalrif aangesê om te ontruim. ‘n Vrou in haar 60’s is dood toe die reddingsboot waarin sy was, omgeslaan het in die plattelandse dorp Ingham, sowat 100 kilometer van Townsville.
# Krieket: Slegs vier wedstryde bly oor in vanjaar se SA20. Die twee voorste spanne op die punteleer, MI Cape Town en bure Paarl Royals, speel môre in Gqeberha in die eerste kwalifiseerder. Die wenner gaan regstreeks deur na Saterdag se eindstryd op die Wanderers. Die verloorspan kry ‘n verdere kans om die eindstryd te bereik in Donderdag se tweede kwalifiseerder in Centurion. Hulle speel teen die wenner van Woensdag se elimineerder tussen Joburg Super Kings en die verdedigende kampioen, Sunrisers Eastern Cape, ook in Centurion.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-93-sent teen die dollar, 19-rand-38-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-321-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-795-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….