Nuus 13:00
BULLETIN 3 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum vra Donald Trump om strafmaatreëls op die ANC toe te pas en nie die bevolking nie
# ‘n Onderwysaktivis waarsku teen misleidende versoeke vir registrasiefooie
# En krieket: Die SA20 is nou in die uitspeelrondes
# Die burgerregtegroep AfriForum beoog om die Amerikaanse president, Donald Trump, te vra om potensiele strafmaatreëls op ANC-leiers toe te pas en nie op Suid-Afrikaanse burgers nie. Dit volg nadat Trump Suid-Afrika beskuldig het van grondgrype en menseregteskendings. Kallie Kriel van AfriForum versoek die Suid-Afrikaanse regering om die Onteieningswet te wysig om eiendomsregte te bekerm en waarsku oor ekonomiese gevolge:
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, waarsku ouers en voogde om waaksaam te wees oor misleidende versoeke vir registrasiefooie. Hoëronderwysinstellings se akademiese jaar begin hierdie maand en die publiek word gemaan om waaksaam en ingelig te wees oor die registrasiefooi-beleid van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Makaneta sê die skema dek die volle registrasiefooi van arm studente en dié uit ‘n werkersklas-agtergrond wat kwalifiseer:
# Die nasionale polisiekommisaris Fannie Masemola het aangekondig dat die polisie hierdie week ‘n verdere vyf-duisend-500 rekrute by hulle opleidingsinstellings verwelkom. Masemola het in Pretoria verslag gedoen oor die SAPD se landswye veiliger feestyd-bedrywighede. Hy sê die rekrute sal die basiese polisie leer-ontwikkelingsprogram landwyd ondergaan:
# Krieket: Slegs vier wedstryde bly oor in vanjaar se SA20. Die twee voorste spanne op die punteleer, MI Cape Town en bure Paarl Royals, speel môre in Gqeberha in die eerste kwalifiseerder. Die wenner gaan regstreeks deur na Saterdag se eindstryd op die Wanderers. Die verloorspan kry ‘n verdere kans om die eindstryd te bereik in Donderdag se tweede kwalifiseerder in Centurion. Hulle speel teen die wenner van Woensdag se elimineerder tussen Joburg Super Kings en die verdedigende kampioen, Sunrisers Eastern Cape, ook in Centurion.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-93-sent teen die dollar, 19-rand-40-sent teen die euro en 23-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-651-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-795-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-20-sent per vat.
# En ten slotte: ‘n Veelsydige dansateljee en organisasie sonder winsbejag in Mamelodi, Pretoria, die Tha Kuad-ateljee, fokus op die ontwikkeling van dans, die vestiging van ‘n dans-akademie vir die gemeenskap en die opleiding van beroepsdansers. Dit bied gratis klasse aan in genres van kontemporêr tot jazz en amapiano. Die medestigter, danser en choreograaf, Ntsatsaile Mpheto, sê die ateljee gaan daaroor om talent te deel, van mekaar te leer en veral om kinders van Mamelodi van die strate, dwelms en misdaad weg te hou.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….