Nuus 12:00
BULLETIN 3 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa sien uit na die gesprek met Donald Trump oor Suid-Afrika se grondhervormingsbeleid
# Meer as vyf-duisend nuwe polisie-rekrute begin hierdie week met hul opleiding
# En gholf: Rory McIlroy wen die AT&T Pebble Beach Pro-Am
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het, net soos ander lande, nog altyd onteieningswette gehad, wat ‘n balans bied tussen die behoefte aan die openbare gebruik van grond en die beskerming van eiendomsregte. Hy het reageer op die Amerikaanse president, Donald Trump, se aankondiging dat hy toekomstige befondsing aan Suid-Afrika sal sny totdat ‘n volledige ondersoek oor grondonteieningsbeleid voltooi is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president sien uit daarna om met die Trump-administrasie te praat oor die land se grondhervormingsbeleid:
# Die nasionale polisiekommisaris, Fannie Masemola, het aangekondig dat die polisie hierdie week ‘n verdere vyf-duisend-500 rekrute by hulle opleidingsinstellings verwelkom. Masemola het in Pretoria verslag gedoen oor die SAPD se landswye veiliger-feestyd-bedrywighede. Hy sê die rekrute sal die basiese polisie leer-ontwikkelingsprogram landwyd ondergaan:
# Die grootste Hindoe-tempel in die Suidelike Halfrond is in Johannesburg ingewy. Duisende aanbidders het die inwydingseremonie deur die geestelike leier Mahant Swami Maharaj bygewoon. Die tempel wil dialoog tussen kulture en godsdienste bevorder. Monnike het ‘n Nagar Yatra-oordenkingsoptog gehou. ‘n Spirituele bediening deur vrywilligers beskryf die terrein as ‘n reuse kultuurkompleks vir Hindoes in Suid-Afrika.
# Gholf: Die viermalige Major-kampioen, Rory McIlroy, het sy PGA-seisoen op ‘n wen-noot afgeskop met ʼn oorwinning met twee houe op die AT&T Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië. Die Noord-Ierse speler het met ses onder 66 geëindig om op 21 onder baansyfer sy 27ste sege op die PGA-toernooi te behaal. Shane Lowry van Ierland was tweede en Justin Rose van Engeland en die Amerikaner Lucas Glover saam derde. McIlroy sê ʼn oorwinning op een van gholf se katedrale is spesiaal:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-93-sent teen die dollar, 19-rand-37-sent teen die euro en 23-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-633-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-796-dollar-96-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-53-sent per vat.
# En laastens: Beyoncé het op die Grammy-toekennings in Los Angeles die eerste keer ‘n toekenning vir Beste Album ontvang vir Cowboy Carter. Sy het ook die Beste Country Album en Beste Country Duo/Groepprestasie-toekenning vir II Most Wanted met Miley Cyrus gewen, wat haar die eerste swart vroulike kunstenaar wenner in die kategorie maak sedert Lauryn Hill in 1999. Die kletsrymer Kendrick Lamar het vyf Grammys gewen. Chappell Roan was die beste nuwe kunstenaar. Ander wenners sluit in Doechii, Sabrina Carpenter en Lady Gaga.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….