Nuus 13:00
BULLETIN 2 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Bykans 245-duisend verdagtes is vasgetrek vir verskeie oortredings tydens veiliger feestyd-operasies
# Tshwane herinner inwoners aan die naderende spertyd vir die registrasie van spazawinkels
# En Sokker: Die seksuele aanranding-verhoor van ‘n gewese hoof van die Spaanse Federasie begin môre
# Die nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê daar is tussen Oktober verlede jaar en Januarie vanjaar altesaam 244-duisend-952 verdagtes landwyd in hegtenis geneem vir verskeie oortredings tydens die polisie se veiliger feestyd-operasies. Masemola het vandag in Pretoria ‘n opdatering verskaf oor die SAPD se landwye veiliger feestyd-bedrywighede. Hy sê die polisie het sy voorkoming en bekampingstrategieë verskerp en hom toegespits op nege fokusareas insluitend ernstige en geweldsmisdade:
Die polisie het ook in Januarie beslag gelê op meer as 70-duisend nagemaakte items ter waarde van meer as 90-miljoen-rand beslag gelê en verdagtes van verskeie nasionaliteite in hegtenis geneem gedurende aftakelingsoperasies in Limpopo en KwaZulu-Natal. ‘n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk sê die vervalste goedere wat in beslag geneem is en die onwettige goedere sluit selfone en bybehore, farmaseutiese produkte, sigarette, speelgoed, klere en ander verbruikersgoedere in:
# Die Stad Tshwane herinner sake-eienaars dat alle spazawinkels en ondernemings wat met kos werk teen 28 Februarie geregistreer moet wees om seker te maak hulle voldoen aan regulasies en vereistes, en om te keer dat hulle gesluit word. Die woordvoerder van die stad Lindela Mashigo sê Tshwane het tot dusver vier-duisend-109 aansoeke ontvang. Hy sê 148 aansoeke is goedgekeur en 564 wag op die indiening van nog relevante dokumentasie. Drie-honderd-43 buitelandse burgers se aansoeke is verwerk:
# Israeli se Eerste minister Benjamin Netanyahu sal more onderhandelinge begin oor die tweede fase van die Gaza-skietstilstand. Hy ontmoet VSA president Donald Trump se Midde-oosterse gesant Steve Witkoff in Washington. Gedurende sy vergadering met Witkoff sal Netanyahu Israel se standpunte met betrekking tot die skietstilstand bespreek. Witkoff sal dan met die amptenare van Egipte en Qatar praat wat gedurende die laaste 15 maande tussen Israel en Hamas met die steun van Washington bemiddel het.
# Sokker: Die gewese hoof van die Spaanse Federasie, Luis Rubiales, word van Maandag af verhoor omdat hy die ster-speler Jenni Hermoso gesoen het. Hy het haar sonder toestemming op die mond gesoen toe hy die vrouespan gelukgewens het met hulle Wêreldbeker-oorwinning in 2023. Die 47-jarige Rubiales het wêreldwye verontwaardiging ontketen en is later gedwing om te bedank. Hy staan tereg op aanklag van seksuele aanranding en dwang, en aanklaers dring aan op tronkstraf van twee-en-‘n-half jaar.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….