Nuus 11:00
BULLETIN 2 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom stel vyf steenkool-opwekkingseenhede weer in bedryf
# Die ANC Vroueliga is bekommerd oor die vloek van geweld teenoor vroue
# En krieket: EC Sunrisers kry ‘n vertroue-hupstoot voor die uitspeelronde teen die Joburg Super Kings in die SA20-reeks
# Eskom sê vyf steenkool-aangedrewe opwekkingseenhede is suksesvol herstel en is weer in bedryf, wat beteken altesaam twee-duisend-930 megawatt is tot die netwerk bygevoeg. Die kragvoorsiener het beurtkrag vanoggend opgeskort nadat noodreserwes herstel is. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena sê ‘n bykomende twee-duisend-391 megawatt sal na verwagting vandag herstel word:
# Die ANC Vroueliga sê die geweld teenoor vroue is op ongekende vlakke in Suid-Afrika. Dit volg op die onlangse insident in Xhora in die Oos-Kaap waar ‘n plaaslike hoofman, Nkosi Ngubesilo Njuqwana, na bewering ‘n bejaarde vrou wreed aangeval het. Die liga se woordvoerder, Boitumelo Moiloa sê die Suid-Afrikaanse beginsel van ubuntu word selfs in plattelandse gemeenskappe verwaarloos waar tradisionele Afrika-norme en praktyke veronderstel is om die weerloses te beskerm:
# Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling beveel ten sterkste aan dat ‘n beperking op die beweging van lewende gesplete hoefdiere in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap ingestel word, om die verdere verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom. Die departement se woordvoerder, Joylene van Wyk sê openbare bewusmakingsveldtogte sal uitgebrei word om te verseker dat vee-eienaars waaksaam bly:
# Amerikaanse magte het gister lugaanvalle in Somalië uitgevoer en ‘n senior aanvalsbeplanner vir die Islamitiese Staat en ander lede van die militante groep geteiken. President Donald Trump het gesê die moordenaars, wat in grotte weggekruip het, was ‘n bedreiging vir die Verenigde State en sy bondgenote. Trump het in ‘n plasing op Truth Social gesê die grotte is in die aanvalle vernietig en baie terroriste is dood, maar geen burgerlikes is geraak nie. Die Somaliese president, Hassan Sheikh Mohamud het sy dankbaarheid uitgespreek vir “die onwrikbare ondersteuning van die Verenigde State in hul gedeelde stryd teen terrorisme”.
# Krieket: Die Eastern Cape Sunrisers, verdedigende SA20-reeks kampioene, het hulself ‘n vertroue-hupstoot gegee voor hulle uitspeelwedstryd teen die Joburg Super Kings met ‘n 48-lopie oorwinning oor die Paarl Royals gister op St Georges Park. Die Sunrisers het ook hulle derde plek op die SA20 rangleer beklink. Hulle kom Woensdag teen die Joburg Super Kings in die uitspeelwedstryd in Centurion te staan. Gister het die Sunrisers 148-8 aangeteken teen die Paarl Royals, met Jordan Hermann wat 53 van 38 balle gemoker het en Tristan Stubbs’ met 43 van 27 balle. Die tuisspan het die Paarl Royals vir sleg 100 lopies uitgeboul.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….