Nuus 13:00
BULLETIN 1 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Duduzile Zuma-Sambudla sê die saak teen haar is suiwer polities gemotiveerd
# Die Wes-Kaapse polisiekommissaris swaai om oor sy belofte om opposisiepartye te ontmoet
# En krieket: Super Kings glo hulle het dit wat nodig is in die taai stryd om die SA20-uitspeelronde
# Voormalige president Jacob Zuma se dogter en MK-party lid van die Parlement, Duduzile Zuma-Sambudla, sê die saak wat vier jaar later teen haar aanhangig gemaak is, is niks meer nie as ‘n blatante poging om daar tot stilswye te intimideer. Sy het te doen met aanklagte van opsweping om terrorisme te pleeg en twee aanklagte van aanmoediging tot openbare geweld vir haar rol in die onluste wat in July 2021 in KwaZulu-Natal en Gauteng losgebars het. Sy verskyn volgende maand in die Hooggeregshof in Durban. Zuma-Sambudla sê sy sal nie stilgemaak word nie.
# Opposisiepartye in die Wes-Kaap se teleurgesteld dat die provinsiale Polisiekommissaris, Thembisile Patekile, besluit het om nie meer, soos aanvanklik belowe, te vergader met lede van die provinsiale wetgewer oor die korrupsiebewerings teen die Kaapstadse burgemeesterskomiteelede JP Smith en Xanthea Limburg nie. Tydens ‘n telefoongesprek Donderdag is die vergadering vir Maandag bevestig. Die sekretaris-generaal van die Good-Party Brett Herron sê hulle het gister ‘n brief ontvang wat sê Patekile kan nie met die opposisiepartye vergader nie weens die “sensitiwiteit van die ondersoek”:
# Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionale Sake Zolile Williams het Avela Njuqwana, die hoofman van die Tsholora administratiewe gebied, voorwaardelik geskors. Die woordvoerder van die departement Pheello Oliphant sê die skorsing volg op ‘n beeld en ‘n video wat Donderdag wyd op sosiale media versprei is waarin die hoofman ‘n ouer vrou in Elliotdale aanrand. Hy sê Njuqwana het die Wet op Tradisionale Leierskap en Regering verbreek:
# Die ANC het hartlike, goeie gesondheidswense oorgedra aan die stigtingsvader en eerste president van Namibië, Sam Nujoma, wat in die hospitaal is. Die 95-jarige is in 1990 tot president verkies en het in 2005 uitgetree, en die mag aan Hifikepunye Pohamba oorhandig. Die woordvoerder van die ANC, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die beweging sluit hom aan by die mense van Namibië, die Nujoma-familie, Swapo en die internasionale gemeenskap in gebede vir krag en ‘n volle herstel:
# En krieket: Drie spanne – Joburg Super Kings, Sunrisers Eastern Cape en Pretoria Capitals – is in ‘n stryd gewikkel om twee plekke in die uitklopfase van die SA20-reeks. Ondanks hulle wisselvallige vertoning wat hulle laat skarrel vir deurslaggewende punte in die laaste fase van die aanvangsronde, bly die Joburg Super Kings positief oor hulle vordering in die naweek se uitspeelwedstryd. Hulle pak die Durban Super Giants vanmiddag om half-ses op die Wanderers. Paarl Royals en MI Cape Town is reeds deur na die uitspeelronde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….