Nuus 11:00
BULLETIN 1 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom sê die naweek-beurtkrag laat die heropvulling toe van oopsiklus-gasturbines
# Die GOOD-party sê die Wysigingswet op Mariene Besoedeling ignoreer steeds kritieke beperkings
# En rugby: Frankryk straf Wallis in die Sesnasies-aanvangswedstryd
# Eskom sê die naweek se beurtkrag laat toe dat die oopsiklus-gasturbines en gepompde bergingsreserwes aangevul kan word om voor te berei vir volgende week. Die kragnutsmaatskappy het na ‘n tydelike terugslag fase drie beurtkrag ingestel tot middermag môre. Eskom se woordvoerder Daphne Mokwena sê hulle is vasberade om seker te maak dat Suid-Afrika op geen manier terugkeer na die vlakke van beurtkrag wat die land in 2023 beleef het nie:
# Die GOOD-party sê die Wysigingswet op Mariene Besoedeling ignoreer steeds kritieke beperkings wat in dié gespesialiseerde veld ondervind word. President Cyril Ramaphosa het die wysigingswet bekragtig wat voorsiening maak vir strenger maatreëls om Suid-Afrika se oseane beter te beskerm teen skeepsverwante besoedeling. Kaden Arguile van die Good-party sê die regering kan nie probeer om die wetgewing toe te pas sonder dat die nodige bronne, personeel of strukture in plek is nie:
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het 543-duisend-252 voorlopige belastingopgawes vir die 2024-belastingjaar ontvang, ‘n 4,76-persent toename sedert 2023. Daarbenewens het 162-duisend-690 belastingbetalers uitstaande opgawes vir vorige jare ingedien. Trust-indienings het ook gestyg en staan op 84-duisend-134 vir 2024. Byna 6,8-miljoen nie-voorlopige belastingbetalers het opgawes ingedien, met outomatiese aanslae wat met 24,94-persent toegeneem het. Die Inkomstediens gaan voort om vrywillige nakoming aan te moedig, en waarsku dat nie-nakoming beboet word. Hy sê digitale platforms word verbeter om belastingprosesse te vereenvoudig, met streng maatreëls wat teen wanbetalers afgedwing word.
# Rugby: Frankryk het gisteraand koning gekraai oor Wallis met ‘n 44-0-oorwinning in die aanvangswedstryd van die Sesnasies in Parys. Die gashere het van die begin af oorheers en spog met sewe drieë. Die vleuels Theo Attissogbe en Louis Bielle-Biarrey het beide voor rustyd twee drieë gedruk, en in die tweede helfte het Julien Marchand, Emilien Gailleton en Gregory Alldritt elk een drie bygevoeg. Ander eersteronde-wedstryde word vandag gespeel, met Skotland wat twee-uur vanmiddag Italië in Edinburgh pak, en Ierland en Engeland wat net voor vyf mekaar die stryd in Dublin aansê.
# En, twaalf Afrika-lande het energieooreenkomste onderteken by die Mission 300 Africa-energie-beraad in Tanzanië. Die lande is daartoe verbind om elektrisiteitstoegang en skoon kookoplossings uit te brei. Mission 300, onder leiding van die Afrika Ontwikkelingsbankgroep, die Wêreldbank en vennote, spreek Afrika se energiegapings aan. Tanzanië mik na 80-persent skoon kookoplossings teen 2034. Die bank het 37-miljard-rand oor tien jaar belowe, wat bydra tot die 74-miljard-rand wat jaarliks nodig is om skoon kooktoegang teen 2030 te verseker. Leiers het klem gelê op politieke verbintenis en betrokkenheid deur die privaat sektor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….