Nuus 08:00
BULLETIN 1 Februarie 8 vm
Goeiemôre Ek is……..
In die bulletin:
# Die Menseregtekommissie gaan ondersoek instel na toenemende ladingsvermindering in benadeelde gemeenskappe
# Vier polisiebeamptes is gearresteer in die ontsnappingsaak van die Stilfontein onwettige mynbou-baasbrein
# En sokker: Verkeersontwrigting verwag rondom FNB-stadion vir die Soweto-derbie
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan ‘n kommissie van ondersoek aanstel om ‘n nasionale ondersoek in te stel oor die uitwerking van ladingsvermindering op menseregte. Die ondersoek, sal op 3, 4 en 18 Februarie in Sandton, Gauteng plaasvind en volg weens die groeiende kommer oor toenemende ladingvermindering, veral in benadeelde gemeenskappe, al was beurtkrag opgehef. Die kommissie se woordvoerder, Wisani Baloyi, vra voorleggings vanaf die publiek, die burgerlike samelewing en gepaste kundiges om tot die ondersoek by te dra:
Intussen sê die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging die terugkeer van beurtkrag ná byna tien maande is ‘n hartseer terugslag. Die vereniging erken die teleurstelling omdat ‘n volle jaar sonder kragonderbrekings nie bereik is nie, maar beklemtoon vordering is wel gemaak en daar is positiewe neigings in die energiesektor. De Wet Taljaard van die vereniging het ‘n beroep gedoen vir volgehoue toewyding, aangesien sonenergie noodsaaklik is om ‘n veiliger en veerkragtige energietoekoms te bereik:
# Vier polisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met die ontsnapping van die beweerde baasbrein van onwettige mynbou in Stilfontein, James Neo Tshoaeli, bekend as “Tiger.” Hy het op die vlug geslaan nadat 78 liggame uit ‘n ondergrondse goudmyn verwyder is. Tshoaeli word beskuldig van geweld en afpersing, maar is steeds op vrye voet. Die waarnemende Polisiekommissaris in Noordwes, Patrick Asaneng, sê die beamptes is borgtog van een-duisend-rand toegestaan en hulle moet op 5 Maart weer in die hof verskyn:
# Sokker: Ontwrigtings word vandag rondom die FNB-stadion verwag weens die Soweto-derbie tussen Orlando Pirates en Kaizer Chiefs. Belangrike paaie soos Nasrecstraat en die Soweto-hoofweg sal van 11-uur vanoggend tot sewe-uur vanaand gesluit wees. Openbare vervoer, wat Rea Vaya-busse en parkeer-en-ry-dienste insluit, sal beskikbaar wees. Die woordvoerder van Johannesburg se Metro-polisiediens Xolani Fihla raai toeskouers aan om vroeg op te daag om vertragings te voorkom:
# En, die Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin Tshego Gaelae het geskiedenis gemaak deur die eerste swart vrou te word wat die Mev. Wêreld-titel by die 2025-kompetisie in Las Vegas, Verenigde State, gewen het. Die 34-jarige prokureur en mev. Suid-Afrika 2024 het haar oorwinning aan alle Suid-Afrikaanse vroue opgedra en trots uitgespreek om haar land op die wêreldverhoog te verteenwoordig. Gaelae hoop om vroue te inspireer om hul krag en doelwitte uit te leef. Sy is die tweede Suid-Afrikaner wat die titel wen, na Candice Abrahams in 2016.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….