Nuus 07:00
Bulletin Inhoud
BULLETIN 1 Februarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê beurtkrag is ‘n rampspoedige werklikheid voor die Staatsrede
# Die Weerdiens reik ‘n hittegolfwaarskuwing uit vir Gauteng en die buur-provinsies
# En krieket: Net trots is op die spel vir DSG in vanaand se laaste SA20-wedstryd
# Die DA sê beurtkrag het ‘n rampspoedige werklikheid geword, met fase drie beurtkrag oor die naweek, slegs dae voor die staatsrede. Die party het verder die tariefverhoging van 12,7-persent veroordeel en sê burgers gaan nou nog meer vir onbetroubare krag betaal. Die DA-lid, Kevin Mileham, bepleit dapper hervormings, insluitend die invordering van munisipale skuld, die skeiding van Eskom se afdelings en die privatisering van kragopwekking:
Vroeër het die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, beklemtoon dat die regering voorkeur gee aan die beskerming van die kragnetwerk. Hy het aan die media gesê daar is vordering met die vermindering van beurtkrag, maar waarsku beplande instandhouding en onderbrekings het noukeurige bestuur nodig om te verhoed dat die stelsel in duie stort. Talle eenhede het onklaar geraak by Eskom se bespresterende kragstasies, Matimba en Lethabo, wat bedryfs-uitdagings veroorsaak. Ramokgopa gee die versekering Eskom is besig om noodreserwes aan te vul:
# Gautengers word aangeraai om voorbereidings te tref vir ‘n verwagte hittegolf van 33- tot 35-grade Celsius in Johannesburg, Vereeniging en Pretoria. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ook hittegolwe die naweek in Mpumalanga en Limpopo bevestig. Inwoners word versoek om genoeg water te drink, lang ure in die son te vermy en kwesbare groepe te beskerm. Intussen is waarskuwings vir erge donderstorms en brande vir verskeie provinsies uitgereik. Owerhede maan die publiek om hitteverwante siektes en brandgevare te voorkom.
# Die Verenigde Nasies is bekommerd oor ongebreidelde geweld in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo waar M23-rebelle hulle aanslag voortsit, en waarsku oor summiere teregstellings en wydverspreide verkragtings. Die groep se oorname van die grootste deel van Noord-Kivu se hoofstad, Goma, is ‘n dramatiese toename in geweld in ‘n streek wat dekades van konflik deur talle gewapende groepe ondervind. Die VN is uiters begaan oor geloofwaardige berigte dat die Rwandees-gesteunde M23 onderweg is na die hoofstad van die buurstaat Suid-Kivu, Baku.
# En krieket: Slegs trots is op die spel vir Durban’s Super Giants wanneer hulle vanaand hulle laaste SA20-wedstryd speel teen Joburg Super Kings op die Wanderers. Die span, wat verlede jaar die eindstryd gehaal het, kon nie vanjaar die groepsfase oorleef nie na net een oorwinning in agt kragmetings. Die Super Kings is steeds op koers na die uitspeelrondes na vier oorwinnings en ‘n onbesliste uitslag. Durban se kaptein, Keshav Maharaj, sê hoewel harde werk nie altyd vrugte afwerp op die veld nie, is hy nogtans trots op sy span.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….