Nuus 11:00
BULLETIN 31 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA sê die goedgekeurde kragtariefverhogings sal sukkelende huishoudings verwoes
# Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan ses kontrakte in Mpumalanga se Onderwysdepartement ondersoek
# En krieket: Die Suid-Afrikaanse onder 19-span dring deur na die eindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue
# ActionSA het sy kommer uitgespreek oor die besluit van die energiereguleerder Nersa om Eskom se sesde meerjarige prysbepalingsaansoek vir die volgende drie boekjare goed te keur. Die goedgekeurde tariefverhogings is 12,74-persent vir 2025/’26, 5,36-persent vir 2026/’27 en 6,19 persent vir 2027/’28. Alan Beesley van Action SA sê al is die styging laer as wat Eskom wou hê, is dit steeds hoër as die inflasiekoers, en sal dit vernietigend wees vir sukkelende huishoudings en ondernemings:
Die GOOD-party sê intussen dis duidelik dat elektrisiteitsverbruikers nou vir die jarelange wanbestuur by Eskom moet opdok. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Suid-Afrika betaal reeds van die hoogste tariewe ter wêreld vir elektrisiteit in verhouding met hul inkomste:
# President Cyril Ramaphosa het ‘n proklamasie onderteken wat die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gee om ses kontrakte in Mpumalanga se Onderwysdepartement te ondersoek. Dit hou verband met koskontrakte by ses skole. Die ondersoekeenheid sê hy sal vasstel of die departement die Nasionale Tesourie se riglyne gevolg het, en of daar enige onregmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes of finansiële verliese was. Hy sê hy sal ook ondersoek instel na enige onregmatige of onbehoorlike optrede deur werknemers van die departement.
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ‘n presidensiële memorandum uitgereik wat die Federale Lugvaartadministrasie opdrag gee om lugvaartbeleid te hersien. Die dokument vra spesifiek vir ‘n deeglike herbeoordeling van diversiteit, billikheid en insluiting in aanstellingspraktyke wat tydens die administrasie van president Joe Biden ingestel is. Dit volg ná die lugramp naby die Ronald Reagan-nasionale lughawe in Washington waarin 67 mense omgekom het. Trump sê daar was ‘n agteruitgang in die standaarde van aanstellings en lugvaartveiligheid:
# Krieket: Suid-Afrika se Onder-19-vrouespan het Australië met vyf paaltjies verslaan in Kuala Lumpur, Maleisië, om die eerste keer ooit deur te dring na die eindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi. Ashleigh van Wyk het vier paaltjies laat kantel en die Proteas het Australië tot 105 vir agt beperk. Jemma Botha het daarna die hoogste telling van 37 lopies van 24 balle aangeteken en Suid-Afrika het die teiken gehaal met elf balle oor. Suid-Afrika behou hul onoorwonne status en sal Sondag in die eindstryd teen Indië of Engeland speel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-55-sent teen die dollar, 19-rand-30-sent teen die euro en 23-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-619-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-794-dollar-20-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 75-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….