Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hy maak op alternatiewe kanale staat om noodsaaklike mariene-, lugvaart- en weervoorspellingdienste te lewer. Die proses is tans aan die gang om inligting- en kommunikasie-tegnologiestelsels te herwin en te herstel. Die stelsels is Sondagaand ontwrig toe kuberkrakers toegeslaan het. ‘n Woordvoerder, Oupa Segalwe, sê hulle dienste is tot dusver nie onderbreek nie:
# Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad sê hy monitor wind se toenemende ontwrigting van vrugte-uitvoere deur die Kaapstadse hawe. Windspoed van meer as 80 kilometer per uur het bedrywighede die afgelope dae belemmer. Die hawe het die afgelope paar jaar gemiddeld sowat een-duisend-200 uur per jaar verloor as gevolg van uiterste winderige toestande. Die WNNR sê hy sal voortgaan om inligting oor die weer te verskaf om die hawe met bedrywighede en logistiek te help.
# En ten slotte: Namibië is vasberade om ‘n groennywerheid-ekostelsel te bou al beur sommige belangrike ekonomieë weg van klimaatsoptrede. Dit volg nadat president Donald Trump Amerika onttrek het aan die klimaatsooreenkoms van Parys, wat die wêreld se belangrikste poging is om stygende temperature teen te werk. Hy het ook alle fondse van die Wet op Inflasievermindering vir skoon energie-bou- en -vervaardigingsprojekte opgeskort. Namibië se kommissaris vir Groenwaterstof, James Mnyupe, sê die land se pogings om ‘n groennywerheid-ekostelsel te bou word in die wiele gery deur geopolitiek:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….