Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum onthul ‘n driepuntplan om die Onteieningswet te beveg
# Weerdienste gaan voort ten spyte van ‘n kuberaanval
# En motorsport: ‘n Gewese renjaer word afgedank as F1-baanbeampte oor sy rol as media-ontleder
# AfriForum het ’n driepuntplan bekendgemaak om die Onteieningswet te betwis en voer aan dit bedreig eiendomsreg. Dit sluit in om te voorkom die wet word bekragtig, voort te gaan met regstappe en die bekendstelling van ‘n internasionale bewusmakingsveldtog. AfriForum versoek die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, om nie die wet te mede-onderteken nie en onderneem om die grondwetlikheid in die hof te betwis. Woordvoerder Ernst van Zyl sê die organisasie gaan ook internasionale belanghebbendes betrek:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hy maak op alternatiewe kanale staat om noodsaaklike mariene-, lugvaart- en weervoorspellingsdienste te lewer. Die proses is tans aan die gang om inligting- en kommunikasie-tegnologiestelsels te herwin en te herstel. Die stelsels is Sondagaand ontwrig toe kuberkrakers toegeslaan het. ‘n Woordvoerder, Oupa Segalwe, sê hulle dienste is tot dusver nie onderbreek nie:
# African Women in Dialogue in Johannesburg vra ‘n vreedsame oplossing vir die konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo. Van die verteenwoordigers het die geleentheid misgeloop omdat sekere lughawens gesluit is te midde van die toenemende geweld in die oostelike stad Goma. Die organisasie se voorsitter, Thoko Mpumlwana, het teenoor die SABC die behoefte aan blywende vrede beklemtoon:
Die president van die DRK, Félix Tshisekedi, weier intussen om vredesamesprekings by te woon om die aanvalle van M23-rebelle op Goma te beëindig. Die Keniaanse president, William Ruto, het Tshisekedi en die president van Rwanda, Paul Kagame genooi om virtueel te vergader. Rwanda ontken hy ondersteun die rebelle wat nou ‘n groot deel van Goma beheer. Vredesmagte van die Verenigde Nasies waarsku intussen oor toenemende etniese spanning aangesien burgerlikes met ʼn tekort aan voedsel, ‘n gebrek aan mediese voorrade en swak basiese dienste te kampe het.
# Motorsport: Formule Een se beheerliggaam, die F-I-A, het die gewese renjaer Johnny Herbert afgedank as Grand Prix-baanbeampte en sê dit bots met sy werk as media-ontleder. Die 60-jarige Brit het in die 1980’s en ’90s drie F1-wedrenne gewen, en in 1991 die Le Mans. Herbert het verlede jaar die woede ontlok van die viermalige F1-kampioen, Max Verstappen van Nederland, oor die opmerkings wat hy oor die Red Bull-jaer se gedrag op die baan gemaak het toe hy nog ‘n ontleder vir Sky News was.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-22-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-225-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-772-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-16-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….