Nuus 09:00
BULLETIN 30 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Kagame beskuldig Ramaphosa dat hy oneerlik is oor die DRK-konflik
# Minister Steenhuisen sal ‘n advieskomitee aanstel om die doelwitte van die Wet op Landbougrond te bereik
# En die Batebeslagleggingseenheid lê beslag op eiendomme van 157-miljoen-rand in verband met bedrog en diefstal
# Die president van Rwanda Paul Kagame beskuldig president Cyril Ramaphosa van ‘n verwringing en oneerlikheid oor die kwessies wat hulle bespreek het oor die situasie in die Demokratiese Republiek die Kongo. Hy beweer Ramaphosa het privaat erken Suid-Afrikaanse troepe wat in die DRK gesneuwel het is nie aangeval deur M23-rebelle nie, maar deur die Kongolese weermag, FARDC. Dit kom nadat Ramaphosa Rwanda beskuldig het van steun vir M23. Kagame sê Suid-Afrika is in geen posisie om die rol te speel van vredemaker of bemiddelaar nie:
# Solidariteit sê hy skep moed uit die bevindings en aanbevelings van die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag, wat grootskaalse korrupsie by Denel oopvlek. Die raad van direkteure van die wapenaanskaffingsmaatskappy Krygkor het na bewering in 2007 die aankoop goedgekeur van 264 Badger-voertuie van Denel met ‘n tienjaar-kontrak van 8,3-miljard. Krygkor het meer as 8,1- miljard-rand betaal, maar net 21 voertuie is gebou en voltooi, en hulle is nog nie by die entiteit afgelewer nie. Derek Mans van Solidariteit sê aanspreeklikheid is nodig by Denel:
# Die minister van Landbou John Steenhuisen sê ‘n raadgewende komitee van nie meer as tien lede nie, sal aangestel word om raad te gee oor die bereiking van die doelwitte van die Behoud en Ontwikkeling van die Wet op Landbougrond. Die wet gee ‘n landwye beleids- en regulasieraamwerk vir die behoud en ontwikkeling van landbougrond. Daar word beraam dat minder as 13-persent van Suid-Afrika se 122-miljoen-hektaar grond, landbougrond met hoë potensiaal is. Steenhuisen sê die verbetering van voedselsekerheid is een van die departement se sewe prioriteite.
# Lede van die Batebeslagleggingseenheid en die Valke het beslag gelê op die eiendomme van 15 mense in Roodepoort, Randburg, Krugersdorp and Pretoria. Hulle het na bewering tussen Julie 2018 en Januarie 2023 bedrog en diefstal van 157-miljoen-rand teen Nedbank gepleeg. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag Phindi Mjonondwane sê van die items wat afgeneem is sluit in skootrekenaars, omtrent 80-duisend-rand kontant, ‘n toestel wat geld tel en gelisensieerde handwapens en aanvalsgewere:
# Sokker: Die verdedigende kampioene Real Madrid sal meeding in die Kampioeneliga-uitspeelwedstryde in ‘n poging om tot die laaste 16 deur te dring nadat Rodrygo se twee doele hulle gelei het tot ‘n 3-0-oorwinning oor Brest. Madrid is na die aanvangsfase van die kompetisie elfde en kom te staan teen óf Manchester City óf Celtic in die uitspeelwedstryde. City het ‘n agterstand ingehaal en Club Brugge met 3-1 geklop, wat hulle 22ste plaas onder die 24 spanne wat kwalifiseer vir ‘n uitspeelplek. Spanne waaronder Liverpool, Arsenal, PSG en Aston Villa het direk deurgedring na die laaste 16.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-53-sent teen die dollar, 19-rand-31-sent teen die euro en 23-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-131-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-762-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 75-dollar-39-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….