Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 30 Januarie 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig Rothschild & Co ondersteun die uitkoop van Barloworld teen sowat 20-miljard-rand. Dié stap plaas die bestuurshoof, Dominic Sewela en sy Saoedi-vennote nader aan die eienaarskap van een van die grootste name in korporatiewe Suid-Afrika.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig president Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo is tans veilig.
Dan is daar nuus oor Jacob Zuma se dogter wat vandag in Duban in die hof verskyn in verband met die gewelddadige betogings in 2021
En laastens skryf die blad die Vrystaat het steeds nie wydverspreide reënval gehad nie, maar goeie neerslae word voorspel van 5 Februarie af.
GAUTENG:
# The Star & Pretoria News:
# Skryf die leier van die MK-party in KwaZulu-Natal, Willies Mchunu het ’n beroep op partylede gedoen om in groot getalle op te ruk om Duduzile Zuma-Sambudla te ondersteun wanneer sy vandag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met haar beweerde betrokkenheid by betogings in Julie 2021.
# Sowetan:
Berig oor die omstandighede waaronder die Suid-Afrikaanse soldate in die DRK omgekom het. Die koerant skryf Ramaphosa en ander streeksleiers is in gesprek om die situasie op te los.
# En The Citizen:
Lei met: “DRC: ANGIE, HOW DARE YOU?”. Die koerant skryf die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga het ter elfder ure haar voorligting aan parlementslede gekanselleer.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig eerstens oor ‘n gesprek met die oom van een van die soldate wat in die DRK omgekom het. Ronnie Felix het gepraat oor die 42-jarige Eddie Cola wat sy lewe opgeoffer het. Hy was vir 21 jaar verbonde aan die weermag.
En tweedens skryf die koerant ‘n fietsryer is in Muizenberg dood toe hy in ‘n oop voertuigdeur langs die straat vasgejaag het.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig honderde tydelike huise wat vir inwoners van Walmer’s Airport Valley gebou is, is gevandaliseer. Sommige van die eenhede word ook beset deur rondlopers.
En tweedens skryf die koerant oor die wiskunde-onderwyer van ‘n skool in Motherwell, Nkululo Mtyingizane wat daarin geslaag het om 43 wiskunde-onderskeidings te verkry, met twee 100-persent-slaagsyfers.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf ook oor Motshekga wat die vrae van parlementslede oor weermagbetrokkenheid in die DRK ontduik het.
En tweedens word berig dwelmslawe verkoop hul identiteitsdokumente om dwelms in die hande te kry.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die Namibiese werkloosheidsyfer staan tans op 36,9-persent, ten spyte van die feit dat die arbeidsmag tot net meer as 867-duisend gedaal het.
Dan skryf die koerant volgens gerugte is daar 19 Namibiërs onder die onwettige imigrante wat president Donald Trump wil deporteer.
En laastens word berig die Landbouministerie het die verbod op die invoer van mielies, mielieprodukte, palmbome en verwante produkte uit Suid-Afrika opgehef.