Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Verdediging sê die situasie in die Demokratiese Republiek die Kongo bly gespanne
# Die DA vra die opskorting van Gewapende Magtedagviering na militêre verliese
# En, krieket: Steve Smith van Australië word die 15de kolwer om 10-duisend toetslopies aan te teken
# Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sê die situasie in die Demokratiese Republiek die Kongo bly gespanne, met intense gevegte tussen M23-rebelle en regeringsmagte. Sy het die publiek verseker die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se kampe is nie die afgelope 48-uur aangeval nie. Motshekga het op ‘n nuuskonferensie by die Uniegebou in Pretoria bevestig die pogings om beseerde soldate te ontruim was suksesvol en van hulle word by ‘n hospitaal van die Verenigde Nasies behandel:
Die DA se woordvoerder oor Verdediging, Chris Hattingh, eis intussen die onmiddellike opskorting van Gewapende Magtedag op 21 Februarie en Lugmagdag op 8 Oktober na die dood van 13 Suid-Afrikaanse soldate in die DRK. Hattingh beskou die geskeduleerde militêre feestelikhede as oneerbiedig, en eis nasionale rou en aanspreeklikheid in plaas van vieringe terwyl soldate hulle in ‘n krisis bevind:
# Die Vereniging van Staatsamptenare het beloof om aan te hou veg vir die regte en werksekerheid van lede in die gesondheidsektor. Dit volg na ‘n Arbeidshofbeslissing dat gemeenskapswerkers wat vir jare gewerk het sonder enige voordele, permanent aangestel moet word. Claude Naiker van die VSA sê hulle beywer hulle vir beter beskerming en beleid om regverdige behandeling, bestendige werksomstandighede en regverdige betaling vir alle gesondheidswerkers te verseker.
# Krieket: Steve Smith van Australië het die 15de kolwer geword om 10-duisend toetslopies aan te teken. Hy het dit vermag vroeg op die eerste dag van die eerste toets teen Sri Lanka in Galle, waar hy net een lopie nodig gehad het om die mylpaal te bereik. Die 35-jarige Smith, wat die span aanvoer in Pat Cummins se afwesigheid, het die loot gewen en besluit om te kolf. Hy het voortgegaan en sy 35ste honderdtal aangeteken. Australië het met uitskeityd gevorder tot 330 vir twee nadat Usman Khawaja ‘n onoorwonne 147 bygedra het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-68-sent teen die dollar, 19-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 101-duisend-962-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-758-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-92-sent per vat.
# Ten slotte: Die fondsbestuurder Stocks and Strauss het ‘n tweede universiteitstegnologie-fonds geloods om kommersialisering van universiteit-gebaseerde navorsing en tegnologie te versnel. Die fonds, met ‘n teiken van 400-mijoen-rand, het reeds noemenswaardige beleggings van die SA SME Fund en Allan and Gill Gray Philanthropies Africa ontvang. Ander sleutelbeleggers sluit in die universteite van Pretoria, Kaapstad, WITS en Stellenbosch. Die fonds wil ook alumni-gedrewe projekte ondersteun om Suid-Afrika se vernuwings-ekostelsel te versterk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….