Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die DA in die Wes-Kaap vra die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, om die jongste inligting bekend te maak oor die onlangse oliestorting tussen Houtbaai en Kommetjie in Kaapstad. Die storting het minstens 19 ernstig bedreigde Afrika-pikkewyne besmet. ‘n DA-woordvoerder, Dave Bryant, sê dis noodsaaklik dat die bron van die storting so gou moontlik identifiseer word om enige verdere bedreiging vir die natuurlewe te voorkom:
# Tafelberg se owerhede gaan binnekort brandbestrydings-hommeltuie inspan om brande in onbereikbare gebiede op te spoor en te blus. Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad het sy K-Line-brandsensor gelisensieer om by hommeltuie te integreer sodat kleinskaalse brande opgespoor en bestry kan word. Die tegnologie, wat vroeër in satelliete gebruik is, sal die opsporing van veldbrande verbeter en waninligting en onkoste verminder. Die tegnologie sal ingespan word om Wes-Kaapse brandweerdienste met gevorderde lug-oplossings te ondersteun en te versterk.
# En ten slotte: ʼn Wêreldleier en operateur van hernubare-energieprojekte, JUWI Renewable Energies, bou drie fotovoltaïese sonkragprojekte op nutskaal in Suid-Afrika. Die projekte met ʼn beleggingswaarde van ses-miljard-rand, sluit ʼn aanleg van 120-megawatt in die Vrystaat in en een van 120-megawatt vir Sasol en Air Liquide. JUWI se besturende direkteur, Richard Doyle, sê hulle is trots om vernuwende projekte te lewer wat energieveerkragtigheid bevorder, vrystellings verminder en vordering na netto nul-koolstofvrystellings versnel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….