Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC is verbind tot die bevordering van onderwys, gesondheidsorg en navorsing om die jeug te bemagtig
# Laat aansoeke vir Grade 1- en 8-leerders in Gauteng sluit môre
# En krieket: Vier spanne is bevestig vir die halfeindronde van die Onder 19-Wêreldbeker vir Vroue
# Die ANC is verbind tot die verbetering van toegang tot gehalte onderwys, veral in landelike gebiede, en die verbetering van gesondheidsorgdienste vir alle burgers. Sleutelprogramme sluit in die verhoging van befondsing vir vroeë kinderontwikkeling en die verbetering van skoolinfrastruktuur. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party beplan ook om te belê in vaardigheidsontwikkeling, veral vir die jeug, om hulle toe te rus vir die digitale ekonomie:
Die Gautengse Onderwysdepartement herrinner ouers intussen dat 2025 se aanlyn toelatings vir laat aansoeke vir graad een en agt môre sluit. Hierdie periode het ouers tegemoet gekom wat nie tussen Julie en Augustus verlede jaar aansoek kon doen nie. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê altesaam 32-duisend-587 laat aanlyn aansoekers is reeds geplaas:
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings se Spesiale Projekte-eenheid is op soek na ‘n groep tieners nadat ‘n hond uit ‘n geveg in Johannesburg gered is. ‘n Span inspekteurs was op die N12 op pad toe hulle ‘n beroering aan die kant van die snelweg opgemerk het. Hulle het gesien daar was ‘n hondegeveg aan die gang en het die dier te hulp gesnel. Jacques Peacock van die DBV sê ‘n boerboel-tipe hond het ernstige beserings opgedoen:
# Krieket: Die vier spanne in die halfeindronde van die Onder 19-Wêreldbekertoernooi vir Vroue in Maleisië is bevestig nog voor die Super Ses-ronde afgehandel is. Dit beteken môre se Super Ses-kragmetings tussen Ierland en Nigerië, en Australië en Sri Lanka, albei in Bangi, is net van akademiese belang. Suid-Afrika, Indië, Australië en Engeland gaan in die halfeindstryde speel wat albei Vrydag in Kuala Lumpur beslis word. Die jong Proteas het tot dusver beïndruk en al hulle wedstryde gewen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-67-sent teen die dollar, 19-rand-45-sent teen die euro en 23-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-570-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-762-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-86-sent per vat.
# En ten slotte: Dis vandag die Chinese Nuwejaarsdag wat die begin van die jaar volgens die tradisionele Chinese kalender vier. Volgens Chinese sterretekens is dit die Jaar van die Slang, wat ‘n simbool is van wysheid, elegansie en intuïsie. Die feestelikhede duur 15 dae en eindig met die Lanternfees op 12 Februarie. In die Chinese kultuur word rooi as ʼn gelukkige kleur beskou. Daarom versier mense dikwels hul huise en openbare ruimtes met baie rooi lanterns en ander feestelike versierings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….