Nuus 09:00
BULLETIN 29 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COPE doen ’n beroep vir meer beslissende optrede van Ramaphosa oor die toenemende konflik in die DRK
# Parlementêre komitee verwelkom ondersoek na Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde
# En ‘n Regter keer Trump se bevriesing van federale fondse vir alle openbare lenings en toelaes
# Die Congress of the People sê die tragiese verlies van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo vereis ‘n duidelike en omvattende strategie van president Cyril Ramaphosa om die lewens van militêre personeel te beskerm. Dit volg na 13 SANW-soldate in gevegte met die Rwandese-gesteunde M23 rebelle dood is. Teboho Loate van COPE sê hoewel Ramaphosa ‘n beroep vir ‘n skietstaking gedoen het in reaksie op die toenemende konflik in die DRK, word beslissende optrede van hom vereis:
# Die GOOD-party sê daar is geen redelike gronde om die Onteieningswet aan die verklaring van voorneme van die regering van nasionale eenheid te onderwerp nie, want dit is onder ‘n ander mandaat aanvaar. Dit volg na die DA gesê het hy beroep hom op Artikel 19 van die voorneme om die ANC se hantering van die wet te betwis. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê Artikel 19 bevat nie ‘n meganisme hiervoor nie, en die DA se optrede is sinneloos.
# Die parlementêre portefeuljekomitee vir Handel, Nywerheid en Mededinging het minister Parks Tau se besluit verwelkom om die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde te ondersoek. Dit volg ná bewerings van wanadministrasie, wanbestuur, onreëlmatighede wat werwing betref en tugsake by die Buro. Die komiteevoorsitter, Mzwandile Masina, sê dié bewerings raak die SABS se reputasie, sy vermoë om sy mandaat te vervul weens onstabiliteit by die instelling, en kan ‘n negatiewe ekonomiese uitwerking hê op sakeondernemings se gehalteversekering.
# ʼn Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se planne om alle federale toelaes en lenings te stop, tydelik gekeer. Dit volg nadat die waarnemende hoof van die Withuis se begrotingskantoor agentskappe opdrag gegee het om tydelik alle aktiwiteite te staak wat verband hou met verpligtinge of uitbetalings van alle federale finansiële hulp. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê die tydelike onderbreking in federale befondsing is om seker te maak organisasies is nie in stryd met Trump se uitvoerende aksies en bevele nie:
# Sokker: Pep Guardiola sê Manchester City is gereed vir die uitdaging in vandag se Kampioeneliga-wedstryd teen Klub Brugge wat hy moet wen, en glo hulle kan die uitklopronde haal. Die Premierliga-kampioen moet verlede seisoen se Belgiese liga-wenner op die Etihad klop om die uitspeelronde te haal waaraan die spanne deelneem wat negende tot 24ste eindig in die ligafase. Die voorste agt spanne kwalifiseer outomaties vir die ronde van 16 wat in Maart gespeel word.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-64-sent teen die dollar, 19-rand-47-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-1-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-762-dollar-75-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….