Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 27 Januarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Mchunu versoek verbeterde vennootskappe tussen die polisie en gemeenskappe
# Weerontwrigtings beïnvloed vlugte op Georg se lughawe
# En, rugby: ‘n Veteraan-stut gaan Ierland se Sesnasies-wedstryd teen Engeland misloop
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het ‘n beroep gedoen vir sterker vennootskappe tussen die polisie en gemeenskappe om misdaadvoorkoming en openbare veiligheid te verbeter. Hy is van mening dit is noodsaaklik om vertroue te bou tussen die polisie en gemeenskappe vir doeltreffende misdaadbekamping. Vandag is die 20ste Nasionale Polisiedag. Mchunu het in sy hoofrede in Durban, KwaZulu-Natal, beklemtoon ‘n polisiediens wat deur die publiek vertrou word, beskik oor die vermoë om meer misdaad aan te pak en orde te handhaaf:
# Die PAC gaan die Wetsontwerp op Herverdeling van Grond in die Parlement ter tafel te lê om grondhervorming te versnel. Die wetsontwerp sal individue ondersteun wie se grond onregmatig weggeneem is, insluitend hulp na hervestiging. Partyleier Mzwanele Nyhontso, wat ook die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling is, het die verklaring gedoen op die lekgotla van die PAC se nasionale uitvoerende komitee. Hy sê die besluite sal na verwagting bydra tot die gesprekke op die kabinetslekgotla in Pretoria:
# Lugverkeer- en Navigasiedienste waarsku onderbrekings van vlugte kan vandag verwag word op die lughawe van George in die Wes-Kaap weens ongunstige weer. Die hoof van korporatiewe sake, Mphilo Dlamini, sê sterk wind maak toestande onveilig vir bedrywighede. Lugverkeer- en Navigasiedienste monitor die situasie en sal dit vir lugrederye en belanghebbendes bywerk. Passasiers word aangeraai om op die hoogte te bly van moontlike vertragings en kansellasies.
Suid-Afrika staal hom intussen teen toenemende klimaatsgevare en kenners waarsku mense om gereed te maak vir uiterste weerstoestande. Weerkundiges beklemtoon die noodsaaklikheid van strategieë om gemeenskappe in die toekoms teen klimaatverwante rampe soos siklone te beskerm. News24 berig die stygende temperature sal droogtes, hittegolwe en waterskaarste vererger. Siklone word in verskeie dele van Suidelike Afrika verwag. Die temperatuur het sedert 1991 met 0,2-grade Celsius per dekade gestyg.
# Rugby: Die veteraanstut Tadhg Furlong gaan Ierland se openingswedstryd in die Sesnasies teen Engeland misloop. Hy het sy kuit beseer tydens die span se oefenkamp in Portugal en het huiswaarts gekeer. Jack Aungier is na die groep opgeroep as plaasvervanger vir Saterdag se wedstryd in Dublin. Die 32-jarige Furlong het deesdae las van beserings en kon nie in een van die November se toetse vir Ierland speel nie. Frankryk en Wallis skop Vrydag die Sesnasies in Parys af en Skotland en Italië meet Saterdag kragte in Edinburgh.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-63-sent teen die dollar, 19-rand-58-sent teen die euro en 23-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-931-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-768-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-50-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….